Swak matriekuitslae sal na verwagting Dinsdag bekend wees.
Die gehalteversekeringsliggaam Umalusi het vroeër bekend gemaak dat die 2015-matrikulante swakker gevaar het as die vorige jaar.
Matrieks wat nie deurgekom het nie, kwalifiseer vir aanvullende eksamens of ‘n hermerk vir die vakke waarin hulle gedink het hulle beter in sou vaar.
Die slaagsyfer is voorheen kunsmatig hoog gehou deur ‘n beleid om punte aan swart leerlinge wat nie Engels of Afrikaans praat as hulle eerste taal nie, toe te ken.
Die matriekslaagsyfer hoogtepunt was 78,2% in 2013.
Verlede jaar het dit afgeneem tot 75,8%, en na verwagting sal dit met nog 5% daal in 2015.
Die minister van Basiese Onderwys Angie Motshekga sal die matriekuitslae en slaagsyfer by die Vodacom-ouditorium in Midrand aankondig.
Die departement hoop om kennis van Engels op te gradeer.
Basiese onderwys se woordvoerder, Elia Mhlanga het gesê die daling is verwag om twee redes: Die toename in die standaard van vraestelle en die feit dat dit die tweede keer is dat eksamens vir die nuwe kurrikulum geskryf word.
Professor Sarah Gravett, dekaan van die Fakulteit Opvoedkunde aan die Universiteit van Johannesburg, het gesê die fiksasie met die slaagsyfer is ‘n vermorsing van tyd.
“Die slaagsyfer of aantal mense wat geslaag het beteken niks.
“Wat belangrik is, is die aantal mense wat toelatingsvakke [soos wiskunde, fisiese wetenskap en rekeningkunde] slaag,” het sy gesê.