Mielieprys styg verder

Deel op

Suid-Afrika se mielieprys het Maandag sy rekord opwaartse kurwe in 2016 voortgesit.

Te midde van toenemende kommer oor die droogte en die swak rand, raak die druk op voedselvoorsiening al hoe groter.

Die Maart-kontrak vir witmielies, swart landelike inwoners se stapelvoedsel, was 2,6 persent duurder op ‘n rekordprys van R4781.00 per ton.

Dieselfde termynkontrak vir geelmielies het met 1,8 persent tot R3677.00 per ton gestyg.

Die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, Senzeni Zokwana sê indien die droogte aanhou, kan die land gedwing word om teen Mei of Junie mielies in te voer.

‘n Landbou-ekonoom Johan Willemse, verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat, het gesê die winteroes is 5 miljoen ton minder as wat nodig is.

“Dit is ‘n ernstige situasie … die prys van witmielies het reeds verdubbel. Nog ‘n probleem is dat in 2016-2017 sal daar nie genoeg witmielies wees nie. Mense sal nie genoeg kos hê nie en mieliemeel sal duurder wees,” sê Willemse .

“Boere sit met groot verliese. Hulle kan nie krediet kry om nuwe gewasse aan te plant nie sodat ons met die risiko opgesaal word om ‘n invoerder van graan te word”.

Suid-Afrika het reeds verlede jaar witmielies van Zambië en Meksiko ingevoer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.