Senekal: Lokasiebewoners drink riool weens waternood

Deel op

Terwyl dele van die land toenemend onder waterbeperkings gebuk gaan met die droogtekrisis wat vererger, het die gemeenskap van Senekal in die Vrystaat reeds vir weke al geen watertoevoer nie.

Die situasie het so drasties geraak, dat verslae van lokasiebewoners wat rou rioolwater drink na vore gekom het.

Die uitwerking van die droogte het selfs daartoe gelei dat ‘n boer glo selfmoord gepleeg het.

Volgens waarnemers baklei lokasiebewoners nou oor water en jaag diere weg van drinkwater om hul dors te les.

Die waternood is besig om te vererger, met boorgate en krane wat heeltemal opdroog het. Die regering doen ook nie veel om inwoners by te staan nie.

Die Setsoto Munisipaliteit, wat verantwoordelik is vir Senekal en die omliggende gebied, het nie gereageer op navrae oor die droogte nie.

Boere in die gebied het water uit hul boorgate aan die lokasie voorsien, maar hulle sê hulle sal dit nie kan volhou nie, aangesien talle boorgate reeds opgedroog het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.