Protes oor uitgewers wat verdwyn

Hongkong se pro-demokrasie wetgewers het gesê hulle eis antwoorde van die regering nadat ’n vyfde personeellid van ’n uitgewer, wat spesialiseer in boeke wat krities is oor China se leierskap, verdwyn het.

Die wetgewer, Albert Ho, sê die stad is “geskok en in afgryse” oor die verdwyning van Lee Bo. Soos vier ander mense wat die afgelope maande verdwyn het, was Lee verbonde aan die uitgewer, Mighty Current.

Dit is nie ongewoon in China dat uitvoerende bestuurders van maatskappye of afvalliges vir lang tydperke deur die owerhede aangehou word of verdwyn, sonder dat enige iemand aanspreek­likeid aanvaar nie. Dié soort gebeure is egter ongehoord in Hongkong.

Lee (65) is ook een van die maat­skappy se aandeelhouers, het die South China Morning Post berig. Die maatskappy se mede-eienaar, Gui Minhai, is ook soos drie ander personeellede onder die vermistes, het AP berig.

Mighty Current en sy Causeway Bay-boekwinkel is bekend vir skinder-titels oor Chinese politieke skandale en ander polities sensitiewe kwessies en is veral gewild onder Chinese besoekers aan die stad.

’n Paar dosyn betogers het na Beijing se belangekantoor in die stad opgeruk om inligting oor die verdwynings te eis.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.