Hittegolftoestande duur voort

Deel op

Hittegolftoestande sal na verwagting van môre af in die grootste deel van die Noord-Kaap, Vrystaat en Noordwes voorkom.

Droë toestande duur rampspoedig voort in die sentrale deel van die binneland, met uitermatige hoë temperature.

Maksimum temperature van tot 44 grade Celsuis word vir Upington voorspel, terwyl Bloemfontein en Kimberley ook van môre af behoorlik gaan sweet met temperature van 40 grade Celsius en hoër.

Dieselfde toestande word ook in die grootste deel van Noordwes verwag. Volgens Rossouw sluit dit dele soos Vryburg, Rustenburg, Klerksdorp en Potchefstroom in.

Rekordtemperature gaan dié week voorkom en tot Donderdag voortduur, waarna laer temperature in die lae dertigs verligting kan bring in die Noord-Kaap en Vrystaat, sê hy. Teen Vrydag behoort hoë temperature in Noordwes ook te daal.

Rossouw waarsku mense om waar moontlik uit die son te bly, gereeld water te drink en hulself koel te hou in die bloedige hitte. Dit geld veral vir bejaardes en kinders.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.