Switserse weermaghoof waarsku teen chaos

Deel op

Samelewings in Wes-Europa is op die rand van chaotiese geweld wat veroorsaak word deur die ekonomiese ontwrigting, massa-immigrasie en terrorisme.

Dit is nie die siening van ‘n randeier nie, maar van die hoof van die Switserse weermag.

Lt.genl André Blattmann het ‘n waarskuwing aan die Switsers gerig dat hulle vasteland gevaarlik naby aan ineenstorting is en diegene wat nie reeds wapens besit nie, aangeraai om hulself te bewapen.

Blattmann is die hoof van die gewapende magte en is sedert 1 Maart 2009 al in sy pos. Sy woorde dra gewig in ‘n land waar ‘n hele paar burgerreferendums teen boerkas en moskees gestem het.

Kommer in Switserland neem toe oor immigrasie en Islamisering.

In die laaste twee Wêreldoorloë, het die Switserse kombinasie van berge en ‘n gewapende burgery vir vrede en neutraliteit gesorg, maar in die komende konflik, het Switserland reeds sy eie vyfde kolom.

Volgens Blattman “styg die bedreiging van terreur, hibriede oorloë woed oral in die wêreld; die ekonomiese vooruitsigte is donker en die gevolglike migrasie vloei van ontheemdes en vlugtelinge het onvoorsiene afmetings aangeneem”.

“Sosiale onrus kan nie uitgesluit word nie,” sê hy. Blattman meen ook dat die woordeskat in die openbare diskoers “gevaarlik aggressief” geraak het.

‘n Soortgelyke waarskuwing is dié van Admiraal Chris Parry in 2006, toe hy gesê het dat die kombinasie van immigrasie en Islam sal lei tot ‘n “beskawingskrisis op ‘n gelyke voet met die val van die Romeinse Ryk”.

Parry is deur vyandige joernaliste as die destydse hoof van die Britse gewapende magte, verguis.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.