Joseph Secrève: Obama en Clinton, diktators van die proletariaat

Deel op

Volgens diverse mediabronne voorspel 2016 nie veel goeds nie. Russia Today se Max Keiser waarsku oor ‘n finansiële superseepbel wat gaan bars, Generaal André Blattmann van die Switserse weermag meen dat Europa op die randjie van ‘n burgeroorlog staan, die lae olieprys druk die Russiese en Saoediese ekonomie (en bied moontlik ‘n verklaring vir Saoedi-Arabië se skokkende 47 teregstellings van afgelope week om ontnugterde dissidente te intimideer) en ISIS verryk hulself nog skaamteloos op die olie wat hulle aan Turkye verkoop.

Dan sien ons hoedat die eerste toespraak wat President Obama in 2016 gemaak het, is om die VSA se wapenwette eiehandig sonder toestemming van die Amerikaanse Kongres op te skerp. Obama meen dat die aantal skietinsidente hom noop om sulke maatreëls te onderneem: ‘n gerieflike lis om juis in hierdie spannende tye die publiek sonder wapens te laat. Die Kongres is juis die liggaam van volksverteenwoordigers wat moet sorg dat Amerika se beskaafde demokratiese stelsel in stand bly. Deur die besluite van die Kongres te minag, is Obama juis besig om ‘n diktator van homself te maak.

Die rede waarom die Amerikaanse Grondwet wapenwette en die vorming van volkskommando’s goedkeur is om juis sulke diktatoriale neigings teë te werk en om die regering te dwing om na die burger te luister, en dit is presies wat Obama wil voorkom. Dit is nogal ironies hoedat die linkses met hul “diktatuur-van-die-proletariaat”-ideale juis die teenoorgestelde met hul aksies bewerkstellig. Immers, ‘n ware diktatuur van die proletariaat beteken juis om wapens vir die gewone mens te gee.

Maar hier raak dit vreemd.

Wat Obama probeer doen, is om demokrasie in sy beskaafde vorm ongedaan te maak. Hy en sy koterie van wêreldheersers is nie soseer teen demokrasie as sodanig nie, maar teen die wigte en teenwigte wat sorg dat demokrasie en geregtigheid op ‘n ordentlike wyse kan saambestaan. As ons dink aan die kommuniste van weleer, is hulle ook altyd geneig om na hul land as “demokraties” te verwys. Dink maar aan die ou Deutsche Demokratische Republik of die Demokratiese Volksrepubliek van (Noord-) Korea. Behoudende burgers soos ons kyk na hierdie name met ‘n gevoel van ironie, maar dit kom omdat ons nie weet hoe kommuniste dink nie. Sodra hierdie moondhede na hulself as demokraties verwys, is hulle heeltemaal korrek. Kommunistiese lande ís demokrasieë!

Laat ek verduidelik: Die woord “demos” beteken gepeupel. Dink maar aan politieke “demon-“strasies. Die woord “kratos” beteken mag. In kommunistiese lande is dit die norm vir die gepeupel om met massabetogings in opstand te kom teen ‘n vermeende vyand, ongeag hoe goed of sleg daardie persoon is. Sodra ‘n groep straatskollies besluit om iemand aan te val, het hulle dit demokraties onder mekaar besluit. Dit is hierdie soort “demokrasie” wat Obama in die VSA probeer bewerkstellig. Dit kan ons duidelik sien uit hoe hy Trayvon Martin – die swart puber wat in 2012 deur ‘n Latino-buurtwag doodgeskiet is – verdedig het, selfs al het die agtiende geregshof van Florida die buurtwag onskuldig aan moord bevind.

Hier sien ons kommunistiese demokrasie in werking: Die leier bo-aan en die gepeupel onderaan is die hamer en aambeeld wat die beskaafde mens tussenin verpletter. Die beskaafde instelling, naamlik die hooggeregshof, word geminag, terwyl aan die gepeupel ‘n sekere werklikheid geskets word oor die sogenaamde toedrag van sake. Omdat die gepeupel nie van beter weet nie raak hulle opstandig teen die vermeende onreg en eis nou dat die hof se uitspraak ongeldig verklaar moet word.

Die ander bekende geval is dié van Michael Brown, die aggressiewe en gesette swart puber wat geprobeer het om die wit polisie-agent se pistool uit sy hande te stoei en dit met die dood bekoop het. Ofskoon dosyne getuies voor die regter gepleit het dat hy die agent bestorm het, het die massahisterie aan ons die “Hands up, Don’t shoot”-narratief voorgehou en dat die agent hom dus ten onregte geskiet het. Weereens het die hof die polisie gelyk gegee maar hierdie bevinding is soos gewoonlik weer doodgeskree deur hierdie propagandaslenter.

Met sulke taktieke is Obama besig om Amerika stadig maar seker in ‘n kommunistiese diktatuur te verander. Aangesien die wit Amerikaners in baie opsigte nog te puriteins is om tot sulke massabetogings oor te gaan, word swart ghettobewoners gebruik. Dieselfde sien ons met Islamiste in Europa. Swartes en Islamiste is die moderne inkarnasie van die vroeëre Bolsjewiste. Hulle is perfek, vuur en vlam agter hulle ideale en beskik oor geen moraal nie.

Interessant genoeg kwalifiseer Obama baie goed as die diktator van die proletariaat. Hy en sy vrou is destyds van die rol geskrap en mag nie meer as prokureurs optree nie. Daarbenewens was sy dosentkollegas nie onder die indruk van sy dosentskap nie. Hy was volgens hulle lui, ongekwalifiseer en het nooit vergaderings bygewoon nie. Sy aanstelling was duidelik ‘n politieke tussenstap gewees.

Dit stem grootliks ooreen met die loopbaan van daardie ander groot rewolusionêr Wladimir Lenin. Hy was ook ‘n prokureur wat nooit of nouliks as sodanig gewerk het, en het kontakte onderhou met sy ryk bankiersvriende in Switserland. Sy mede-rewolusionêr Trotski was goeie vriende met die Baron Lionel de Rothschild en hulle het gereeld saam skaak gespeel.

Hillary_RodhamOns kan maar net hoop dat daardie ander skurk, Hillary Clinton, nie sal oorneem nie. Terwyl die hele wêreld oor manlief se eskapades met Monica Lewinsky gepreek het, is die werklikheid dat vroulief ook geen skaamte het om met ander vroue op soortgelyke wyse om te gaan nie. Laat staan nog dat daardie twee die Bonnie en Clyde van Amerikaanse politiek verteenwoordig. Bill die kokaiënsmokkelaar en reeksverkragter en Hillary wat met intimidasie en privaatspeurders sorg dat sy skandes nie openbaar gemaak word nie. Haar prokureursverlede is soortgelyk aan dié van die Obamas en Lenin en sy is deskundig op die gebied van Saul Alinsky se reëls vir radikale linkses. Dit verg nie baie verbeeldingskrag om te dink dat sy ‘n erger president as Obama sal wees nie.

 

Dit wil lyk asof Verwoerd die spyker op die kop geslaan het toe hy gestel het dat sodra Mandela president van Suid-Afrika sou word, sou die hele wêreld voor kommunisme swig.

In daardie geval was efwee se verraad nie beperk tot die Afrikaner nie, maar het dit die hele Westerse wêreld nou oorspoel.

Ek wonder of hy dit besef…?

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.