Nigeriese rykmanswinkel omhels die ‘Bantoe’-handelsmerk

Terwyl die term “Bantoe” in linkse, politiese korrekte Suid-Afrika soms die wenkbroue laat lig, het ‘n Nigeriese rykmanswinkel in Lagos daarvan ‘n modewoord gemaak. “Bantu”, ‘n Ethiopiese handelsmerk vir swemklere word prominent in die winkel, asook aanlyn, vertoon.

Alára, die luuksewinkel in Lagos, is onlangs met ‘n lang bekendstellingsartikel deur Agence France Presse (AFP), die internasionale nuusdiens vereer. Op die winkel se webblad word dit soos volg in Engels omskryf:

Alara is a concept store dedicated to contemporary art, design, fashion, cuisine and culture. Located in Lagos, Alara provides its Nigerian and international clientele with exceptional pieces from around the world.

Volgens Agence France Presse is Alara:

“… le concept-store le plus branché d’Afrique, en plein cœur de Lagos.”

Overgezet synde:

“die mees byderwetse konsepwinkel van Afrika, in die hart van Lagos.”

Die Alára-konsepwinkel in Lagos, Nigerië waar Bantoe-modes en -styl onbeskaamd uitgestal word
Die Alára-konsepwinkel in Lagos, Nigerië waar Bantoe-modes en -styl onbeskaamd uitgestal word

Alára se gebou is ontwerp deur die Britse Ghanees, David Adjaye, wat ook onlangs as argitek verantwoordelik was vir die Museum vir Afro-Amerikaanse kultuur in Washington, VSA. Hoewel die struktuur heelwat invloed van die Europese modernisme vertoon, ‘n strak betonblok met groot glasvensters, suggereer die okerkleur waarin dit geverf is, tesame met enkele bont motiewe die Bantoe- en Afrika-identiteit. Apartheidsargitektuur in die ware sin van die woord, kan ‘n mens maar sê, want die strewe na ‘n eie swart identiteit – in teenstelling met die Sweeds-Amerikaanse smeltkroesidee – word voorop gestel.

Vanweë Nigerië se olierykdom, het ‘n pasryk swart elite in die land ontstaan wat soos Suid-Afrika se ANC-soustreinryers nie huiwer om groot somme geld op klere, motors en drank te bestee nie. Nigerië is een van die grootste uitvoermarkte vir Franse sjampanje wat teen R1000 per bottel vir die goedkoopste handelsmerkte selfs in plakkerskampe by partytjies met luide plofgeluide ontkurk word. Die Franse haute couture-handelsnaam Comme des garçons word onder andere by Alára verkoop.

Daar bestaan 50 dollarmiljardêrs in Afrika, waarvan 11 in Nigerië woon. Die eienares van Alára is die gade van een so ‘n Nigeriese dollarmiljardêr, Tunde Folawiyo. Volgens Reni Folawiyo, wat self advokaat en sakevrou is, het sy besluit om aan die rykes van Nigerië “die room van Afrikamode, -ontwerp en -kuns te bied, wat met ‘n keur uit stukke deur Westerse ontwerpers vermeng word, in ‘n gebou met ‘n gestroopte styl op vier verdiepings”.

Die winkel het aan die begin van 2015 geopen en hoewel daar geen groot toestroming is nie, word dit deur ‘n getroue groep kliënte met die nodige koopkrag ondersteun. Alle pryse word in Amerikaanse dollar aangegee, soms met verskeie nulle agteraan. Die kliënte gee egter kwalik om vir die hoë pryse, want “hulle reis baie en kan in enige winkel elders ter wêreld koop,” verduidelik Reni Folawiyo.

'n Loslitlangmouhemp deur Bantu
‘n Loslitlangmouhemp deur Bantu

“Bantu” is ‘n Ethiopiese handelsmerk met die volgende filosofie wat op sy webblad gestel word:

With over 1 billion people, more than half under 20 years of age – Africa today is quite literally the future of the world – and the future of the world is made in Africa.

Inspired by Africa’s transition from Dark Continent to Bearer of Light, tales of the mermaid goddess of oceans Mami Wata, and a passion for surfing, Bantu was created by merging the rich history of African art and textiles with Africa’s deeply rooted surf culture.

Bantu uses traditional processes and works exclusively with local vendors and artisans in Africa to make quality products that are functional and authentic for surfers, urban nomads and afro-punks.

Bantoestyl is nou hoog mode en vanselfsprekend is die begrip Bantoe daarmee saam gerehabiliteer nadat Suid-Afrikaanse marxiste soos Joe Slovo, Ronnie Kasrils en Ruth First dit in vorige dekades skerp aangeval het. Soos wat die kapitalisme oor die kommunisme geseëvier het, het “Bantoe” kennelik die oorhand oor politieke korrektheid verkry…

Terwyl Bantu-swemklere en -T-hemde in Lagos via Alára versprei word, beskik die handelsmerk reeds oor twee winkels elders op die Afrika-vasteland: in Kaapstad en in Dakar, Senegal.

‘n Mededingende winkel het ook reeds elders in Kaapstad onder die naam “Bantu Wear” geopen, ‘n verdere aanduiding dat “Bantoe” besig is om in gewildheid en glans te styg.

Die Bantu Wear-winkel in Kaapstad
Die Bantu Wear-winkel in Kaapstad

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Kalium_Chloraat

    Woolies het ook hul klerereeks verander om die voorafbenadeelde se sitvlakke te pas, maar hulle het nie die moed gehad om dit Bantu-Wear te noem nie.

    • Kaylee van Yken

      Wel, as ek so rondom my kyk – pas daardie klere STEEDS nie en ek glo nie daar sal plan gemaak word om daardie dik agterstewe in proporsie te kry nie.

      • Kalium_Chloraat

        Wat het van Rifrug geword? Ek het ‘n paar fotos vir hom.

  • Grimes

    As Nigeriers hulle kultuur wil uitleef, dan is dit n goeie ding.

    Ons het dan ook dieselfde reg om ons kultuur te beoefen.