Leon Lemmer: Akademiese vryheid

Deel op

Die ANC-regering het geswig voor die onlangse studenteprotes en ingestem dat daar in 2016 geen verhoging van klasgeld gaan wees nie. Die regering is gevolglik verplig om meer staatsgeld na universiteite te kanaliseer. Hierdie sluwe ANC-kamerade het besluit om in ruil daarvoor universitêre onafhanklikheid verder in te kort. Vorentoe sal daar van universiteite verwag word om in selfs groter mate as tans na die pype van die ANC te dans. Dit is in ooreenstemming met die kommunistiese versugting na die sentralisering van mag.

Wilhelm Jordaan

Onder die opskrif, “Universiteite is g’n knegte van ideologie” (Die Burger, 4 November, p 10), skryf Wilhelm Jordaan: “‘n Universiteit se outonomie en akademiese vryheid is intiem vervleg.” Hy verwys na ‘n herontplooide kader wat verlang dat wat ‘n universiteit doen tot voordeel van “ons mense” (dus swartes) moet wees. Dit lyk vir Jordaan asof “die universiteit, as ‘n rentmeester van kennis, se dae getel” is; dat “toenemende ideologiese verknegting” ons voorland is. Hy merk tereg op dat wetenskapsbeoefening nie ideologies gedikteer mag word nie; dat onafhanklike, kritiese rasionaliteit nie prysgegee moet word nie.

Byvoorbeeld, myns insiens behoort ‘n egte universiteit dit te verwelkom as vergelykende navorsing oor die intelligensie van verskille etniese groepe, bv wittes en swartes, gedoen word. Dit is ‘n onderwerp waaroor betroubare wetenskaplike kennis broodnodig is. As ons betroubare inligting oor die intelligensie van etniese groepe het, sou ons weet of die ANC-regering, met die oog op doeltreffende administrasie, reg of verkeerd doen deur by voorkeur swartes in poste aan te stel. Ons sou ook weet of Wim de Villiers akademies wys of dwaas is deur as teiken te stel dat daar teen 2020 ‘n oorwig swartes op die kampus van die Universiteit Stellenbosch (US) moet wees. Weens die vloek van politieke korrektheid en beperkte universitêre outonomie sal geen Suid-Afrikaanse universiteit egter sodanige noodsaaklike navorsing toelaat nie.

Jordaan val egter uit die bus wanneer hy skryf: “Universiteite is maatskaplik verantwoordbaar en ís veronderstel om die skade van kolonialisme en apartheid te herstel deur gepaste onderrig, navorsing en ‘n verteenwoordigende personeelkorps.” Universiteite moet myns insiens daarna streef om die hede en die verlede ewewigtig en so objektief moontlik met die oog op die toekoms te benader. Jordaan is hier beklemmend in die hede vasgevang. Daar moet nie net oor kolonialisme en apartheid krities besin word nie, maar ook oor die gewelddadige “bevrydingstryd” met sy vernietigende voorkeur vir vandalisme, terrorisme, volgehoue misdaad en geweld, asook anti-blanke rassisme. Sedert 1990/1994 het beskawing plaaslik ‘n groot terugslag ondervind. Die universiteitsverskynsel is ‘n produk van Westerse beskawing en behoort sensitief op sodanige agteruitgang en verlies te reageer.

Dat universiteitspersoneel demografies verteenwoordigend moet wees, is ‘n uiters skadelike modegier. Dit betaam geen egte akademikus om sulke dwaasheid te onderskryf nie. Daar is geen wetenskaplike bewys dat nie-wittes en vroue beter akademici as blankes en mans is nie. Om by voorkeur swartes en vroue aan te stel en te bevorder, kan nie akademies geregverdig word nie. Uit hoofde van die universiteit se wesenlike aard behoort suiwer akademiese oorwegings (bv formele kwalifikasies, ondervinding en publikasies) deurslaggewend by die aanstelling en bevordering van dosente en navorsers te wees. Die tragedie is dat (seker) geen universiteit in die nuwe Suid-Afrika akademiese verdienste in afdoende mate vooropstel nie.

John Kane-Berman

Op 28 November is ‘n landswye Afrikaanse Alumni-vereniging op Stellenbosch gestig; nie net om Afrikaansbelange te bevorder nie, maar ook bv akademiese vryheid. By daardie geleentheid het John Kane-Berman, voorheen die uitvoerende hoof en tans ‘n konsultant van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge, ‘n toespraak gelewer, wat in verkorte vorm onder die titel, “Hou aan veg vir dié vryhede,” gepubliseer is (Netwerk24, 5 deser). Kane-Berman dink dat akademiese vryheid tans in groter mate as tydens apartheid bedreig word. Sowel die massamedia as die akademie ly aan selfsensuur: “Politieke korrektheid is besig om die land te regeer.” Dit is onvryheid en nie vryheid nie. Vryheid impliseer immers “vryheid van intimidasie en dwang.” Geweld, bv tydens studente-onrus, lê vrye besluitneming aan bande.

Vryheid van spraak is deel van akademiese vryheid. “Die wese van ‘n universiteit is dat sy lede in staat is om die waarheid te soek, om aan die stryd om idees deel te neem en om na hartelus te argumenteer … Deel hiervan is om konvensionele wysheid aan te val, maak nie saak hoe wyd dit gehuldig word of hoeveel ondersteuning dit mag hê onder diegene in magsposisies nie. En dit is tog duidelik dat studente en lektore [eintlik dosente] by vrye universiteite noodwendig regeringsbeleid sal onderwerp aan diepgaande kritiek. Dit is deel van hul werk.”

Maar dit gebeur myns insiens in afnemende mate in Suid-Afrika. Erger, daar is die neiging om studente in regeringsbeleid te indoktrineer. Op inisiatief van en met die seën van Jonathan Jansen vind dit reeds plaas in die vorm van ‘n verpligte eerstejaarkursus aan die Universiteit Vrystaat. Wim de Villiers beoog om Jansen se poging aan die US te oortref. “We want our students and staff members to develop a transformation competency. A compulsory, credit-bearing first-year module – a kind of Maties 101, which I want to expand to 201, 301 and 401 – is currently being developed. And we are also working on compulsory courses for members of faculty and other staff. The aim would be to sensitise students and staff to transformation” (Cape Times, 6 Oktober, p 9). “Sensitise” is ‘n eufemisme vir indoktrinasie of breinspoeling.

Die slagoffers van hierdie soort programme is (feitlik) uitsluitlik blankes. Daar word gepoog om hulle eensydig sensitief/sag te maak vir enersyds verswelging deur swartes en andersyds verswelging deur Engels. Dit is vir my duidelik dat De Villiers net personeellede wil aanstel wat entoesiasties oor rasse-integrasie, swart teikens, swart bevoordeling, demografieverslawing en gevolglik ook verengelsing is en wat verkieslik geen kritiese geluid oor die ANC se outoritêre sosialisties-kommunistiese beleid maak nie. Dit is ‘n propagandisties anti-akademiese beleid wat lynreg teen die grein van ‘n ware universiteit ingaan. David Horowitz (bron hier onder, Kindle 1167) noem dit “intellectual corruption”. “The growing power of faculty radicals … has led to the creation of academic programs that are overtly ideological in nature, and to agendas that are shaped by political rather than scholarly goals” (1167). Dit is “political indoctrination masquerading as academic discourse” (1489).

Kane-Berman karakteriseer die (ANC se) transformasiebeleid soos volg: “Terwyl dit dikwels voorgestel word as die eenvoudige regstel van die onregmatighede van die verlede, is dit eintlik deel van ‘n meer omvattende agenda wat probeer om die nasionale demokratiese revolusie (NDR) tot stand te bring. Die term ‘transformasie’ mag dus miskien vaag en skadeloos lyk, maar in der waarheid is dit snelskrif vir die NDR.” Waarmee rektore soos Jansen en De Villiers besig is, is om die ANC te help om die ideale gestel in sy Vryheidsmanifes (1955), bv nasionalisering en ‘n kommunistiese staat, werklikheid te maak.

“Die NDR is ‘n bloudruk vir rassenasionalisme en partypolitieke beheer. Dit behels toenemende ingryping in die ekonomie, die onteiening van private eiendom, die vervanging van onafhanklike regulatoriese liggame en die verskraling van private instellings. Dit is ‘n groter en meer omvattende gevaar vir akademiese vryheid en vryhede in die algemeen as die vorige regering se inmenging in universiteite.” Hierteenoor stel Kane-Berman: “Ons het die vryheid om akademiese en ander vryhede te verdedig. Ons het ook die vryheid en die intellektuele vermoë om idees te propageer wat fundamenteel verskillend is van dié wat nou heersend is.” Praaglesers weet dit is wat Praag op ‘n voorbeeldige manier doen.

John Higgins

John Higgins, ‘n Engelsdosent aan die Universiteit Kaapstad (UK), het ‘n boek gepubliseer, Academic freedom in a democratic South Africa (Johannesburg: Wits University Press, 2013, 288p, R290). Hy is ook die outeur van boeke oor Raymond Williams (gepubliseer in 1999 en 2011). In Higgins se jongste boek is daar ‘n hoofstuk elk oor die idees van Terry Eagleton, Edward W Said en Jakes Gerwel. Wat my hinder, is dat Williams, Eagleton, Said en Gerwel almal onredbaar links was en in die geval van Eagleton, die enigste een van die vier wat nog lewe, steeds links is.

Die geval Connor Cruise O’Brien word onder meer in Higgins se boek bespreek. O’Brien was ‘n besoekende Ierse akademikus wat in 1986 weens die weerstand van swart studente nie toegelaat is om voort te gaan met sy lesings aan die UK nie. Die rede vir die swartes se ontevredenheid was dat O’Brien teen die akademiese boikot van Suid-Afrika gekant was. Deur hom die akademiese vryheid te ontneem om lesings aan te bied, het ingedruis teen die UK se beleid van ideologiese neutraliteit (Hermann Giliomee, Politicsweb 5 Oktober). Ek kon egter nog nie toegang tot Higgins se boek kry nie.

David Horowitz

Dit is nodig om in groter mate duidelikheid te verkry oor presies wat akademiese vryheid is. Om die frase “akademiese vryheid” te verstaan, is dit nodig om enersyds die akademie, oftewel die universiteitsverskynsel, en andersyds vryheid te verstaan. ‘n Universiteit is veronderstel om ‘n ideologies-neutrale platform vir die vrye uitruiling van idees te bied. Vryheid dui op ongebondenheid maar behoort met verantwoordelikheid gebalanseer te word. Vryheid kom in verskillende vorme voor, bv vryheid van denke en vryheid van uitdrukking/openbaarmaking, bv spraakvryheid en publikasievryheid, bv persvryheid en klank- en beelduitsaaivryheid. Vryheid strek dus baie wyer as akademiese vryheid, want laasgenoemde is die beoefening van vryheid in ‘n bepaalde konteks.

Aanvanklik, dus in die Middeleeue, het universitêre studie ‘n aanvang geneem met die trivium en die quadtrivium, wat studente in onderskeidelik sake van die gees en die natuur georiënteer het; dus studente gehelp het om ‘n eie lewens- en wêreldbeskouing te ontwikkel, wat neerkom op filosofie in die breë, tradisionele sin van die woord. Dit is waarom die woord “filosofie” deesdae steeds in baie graadbenamings voorkom, bv MPhil en PhD, al het die meeste graduandi nooit filosofie as vak bestudeer nie. Die kern van die saak is dat vakke nie gepreek (“preach”) nie maar gedoseer (“teach”) moet word. Onkritiese ideologiese voorskriftelikheid hoort nie tuis aan ‘n egte universiteit nie. Dit is so dat ‘n professor betuig/”profess”, dus tot die duidelike formulering van ‘n eie standpunt in staat moet wees, maar dit moet hom nie verhoed om ook ander, insluitende teenoorgestelde, standpunte onder die studente te aandag te bring nie, asook bronne waarin meer inligting daaroor beskikbaar is.

Die kernprobleem aan hedendaagse Amerikaanse universiteite is dat die dosente oorweldigend linksgesind en daarby aktivisties is. “Self-described ‘liberals’ outnumbered self-described ‘conservatives’ by more than seven to one” (Horowitz 476). In Amerika is Jonathan Jansen en Wim de Villiers aan ideologiese indoktrinasie blootgestel. By hulle is daar nie die ruimheid van gees, dus die nodige insig, om hierdie soort beïnvloeding na behore te evalueer en hulle daarvan te distansieer nie. Maar Jansen se gees is reeds in die jare sewentig aan die Universiteit van Wes-Kaapland polities vergiftig. De Villiers roem daarop dat hy al as US-student links en OS-gesind was: “Lede van Open Stellenbosch sal dalk verbaas wees om te verneem ek was in my studentejare lid van ‘n groep genaamd ‘Stellenbosch moet oop!’ … Toe ek op die studenteraad was, was ons daardie jaar vier sogenaamde linkses in ‘n studenteraad van dertien” (Matieland, 2015, p 41). De Villiers en Nico Koopman is myns insiens ondersteuners pleks van geswore vyande van OS se politieke agenda.

Ek baseer die res van hierdie rubriek op ‘n boek van ‘n Amerikaner, David Horowitz, Indoctrination U: The Left’s war against academic freedom (New York: Encounter Books, 2009, 196p; Amazon Kindle $13,67). In die handleiding vir dosente aan die University of California staan daar: “The function of the university is to seek and to transmit knowledge and to train students in the processes whereby truth is to be made known. To covert, or to make converts, is alien and hostile to this dispassionate duty. Where it becomes necessary in performing this function of a university, to consider political, social, or sectarian movements, they are dissected and examined, not taught, and the conclusion left, with no tipping of the scales, to the logic of the facts … Essentially the freedom of a university is the freedom of competent* persons in the classroom. In order to protect this freedom, the University assumed the right to prevent exploitation of its prestige by unqualified persons or by those who would use it as a platform for propaganda” (37). Die Universiteit Kaapstad het ‘n soortgelyke voorskrif vir sy dosente. Die probleem is dat dit plaaslik, soos in Amerika en elders, in die praktyk dooie letters is. Vandaar die O’Brien-geval. “The problem had never been devising an academic freedom policy, but implementing one” (517).

[* Aan ‘n universiteit, soos die US, wat om ANC-gedienstige, politieke redes openlik daarop ingestel is om ras- en geslagsteikens te haal pleks van dosente suiwer ingevolge akademiese oorwegings aan te stel en te bevorder, is daar eintlik geen moontlikheid dat al die dosente werklik akademies bevoeg/”competent” kan wees nie. Die tragedie is dat hoe langer met hierdie dwaasheid volhard word, des te meer versleg die akademiese gehalte.]

Die ideaal is dat ‘n dosent se ideologiese oortuigings onbekend moet wees sodat die studente vertroue in sy aanbieding kan hê. Maar vergelyk hierdie ideaal met die ideologie-gestremde openbare beeld van aktivistiese dosente soos Anton van Niekerk, Amanda Gouws, Piet Croucamp en Pierre de Vos, wat blykbaar in woord en daad dissipelskap van hulle hoorders en lesers begeer. Dit gaan lynreg in teen akademiese vryheid waarvolgens die universiteit “a free marketplace of ideas” moet wees (64). “What faculty may not do is to impose their bias on students … by presenting their personal prejudices as established wisdom” (85). Die resultaat van aktivistiese dosente se optrede is ‘n “decline of intellectual standards” (208). Van deurslaggewende belang is dat ‘n duidelike onderskeid tussen “academic discourse and political proselytizing” gemaak moet word (562). Aktivistiese dosente “regard their scholarship as a partisan activity and the university as a platform from which they hope to change the world” (243). “For academic radicals who hope to ‘change the world,’ teaching is not a disinterested intellectual inquiry but a form of political combat. The banner of this combat is ‘social justice’*, the emblem that signifies to the post-communist left the triumph of the oppressed over the oppressors” (276).

[* Nico Koopman kan nooit genoeg preek oor wat hy as geregtigheid beskou nie.]

Daar is ‘n verskeidenheid/pluraliteit van menings. Nie almal dink transformasie (dus, aan die US, verswarting en verengelsing), rasse-integrasie, nie-Westerse kultuur en beskawing, ens, is voortreflik nie. Pleks van verpligte indoktrinasiekursusse in te stel, behoort daar eerder ruimte te wees vir “respect for intellectual disagreement as the necessary condition for the development of independent minds. In the modern era it embraces the idea that research and teaching are professional disciplines, which observe the scientific method and require intellectual objectivity and restraint; it insists on a perspective that is expert, skeptical and dispassionate; and it respects the uncertainty of human knowledge and the pluralism of views” (269). In die konteks van akademiese vryheid is daar behoefte aan die herlewing van drie waardes: “professionalism, political* neutrality and intellectual diversity” (283). “Professional restraint is the very basis of the academic freedom privileges to which professors are entitled” (637).

[* Politieke aktivisme is die hoofsondaar, maar ideologiese neutraliteit omvat ook religieuse neutraliteit; iets wat grootliks aan die Middeleeuse universiteite ontbreek het; minder so in die gesekulariseerde hede.]

“Freedom to teach and freedom to learn are inseparable” (2348). In 1915 het die American Association of University Professors ‘n “Declaration of Principles on Academic Freedom” uitgereik. Dit “proposed two basic rights – one for faculty and the other for students. Professors were guaranteed freedom in their professional research, but they were also warned not to use their classroom authority to indoctrinate their students. In the words of the declaration, a teacher should avoid ‘taking unfair advantage of the student’s immaturity by indoctrinating him with the teacher’s own opinions before the student has had an opportunity fairly to examine other opinions upon the matters in question, and before he has sufficient knowledge and ripeness of judgment to be entitled to form any definitive opinion of his own'” (390). In latere soortgelyke verklarings (bv in 1940 en 1970) word dosente gemaan “to be careful not to introduce into their teaching controversial matter which has no relation to their subject” (397), want oor daardie sake beskik die betrokke dosente nie oor deskundige kennis nie (404).

“The purpose on an education is to teach students how to think, not what to think” (1154). Die doel van universitêre onderrig, in die woorde van die bogenoemde 1915-verklaring, “is not to provide … students with ready-made conclusions, but to train them to think for themselves, and to provide them access to those materials which they need if they are to think intelligently” (1154). “In other words, a democratic education should not force-feed students opinions on controversial issues that teachers deem ‘politically correct’. It should create citizens who are able to figure out what conclusions they wish to draw on their own” (1154).

In Temple University, Philadelphia, se voorskrifte staan: “As members of the academic community, students should be encouraged to develop the capacity for critical judgment and to engage in a sustained and independent search for the truth” (2348). In navolging hiervan “student performance should be evaluated solely on an academic basis and by reference to the professional standards that sustain the University’s pursuit and achievement of knowledge, not on opinions or conduct in matters unrelated to the academic subject” (2348). Dit gaan om “the student’s right to learn, free from political harassment and indoctrination” (2355).

“The overarching goal of the academic freedom campaign was to end political advocacy by professors in their classrooms, regardless of whether their politics were left or right. It was also an effort to restore traditional academic standards that promoted scholarly neutrality and objectivity … the purpose of publicly supported educational institutions in democracies was to create free citizens who were able to think for themselves and not to instill approved doctrines” (451). Dit toon hoe akademies dwaas en fundamenteel verkeerd Jakes Gerwel se standpunt was toe hy as rektor van die Universiteit van Wes-Kaapland (1987-1994) daardie inrigting gekarakteriseer het as die tuiste van linkse politiek en politici.

Ek vind dit interessant dat Die Burger jare gelede in ‘n hoofartikel (16.04.2003) die vrees uitgespreek het “dat die US beweeg in die rigting van die Amerikaanse stelsel van diskriminasie ten gunste van swart studente (affirmative action) wat beteken dat diversiteit van ras eerder as idees die wagwoord word” (Pieter Kapp, Maties en Afrikaans, 2013, p 94-95). Sedertdien is hierdie vrees massaal bewaarheid. Regstellende aksie word deesdae transformasie genoem. Nie net word ‘n diversiteit van idees onderdruk nie (bv almal móét ten gunste van transformasie wees), maar ook ‘n diversiteit van taal is ongewens weens die De Villiers-US se uitgesproke begeerte om Engels tot dié onderrig- en administratiewe taal te verhef.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.