Leon Lemmer: Moeder Teresa ‘n heilige?

Deel op

Volgens ‘n aankondiging deur die Rooms-Katolieke Kerk op 17 deser gaan Moeder Teresa (Anjezë Gonxhe Bojaxhiu, 1910-1997) tot heilige verklaar word. Haar ouers was Rooms-Katolieke Albaniërs. Sy het in 1928 van haar geboorteland Macedonië na Ierland gegaan om Engels te leer. In 1929 is sy na Indië, waar sy in 1948 in Kolkata begin het met haar werk onder die armes; “the poorest of the poor” soos ANC-ministers graag sê terwyl hulle hulle in hulle (onverdiende) rykdom verlustig. Teresa het na beraming meer as $100 miljoen aan donasies ingesamel, waarvan slegs sowat 5 tot 7% vir armsorg gebruik is. Die res het in die geldkoffer van die Kerk beland. Sy het lyding as ‘n gawe en armoede as ‘n seën beskou. Dit het vir haar eerder om evangeliserende diens aan die Kerk, bv bekering, as om armoedeverligting gegaan. Sy was skepties oor haar geloof asook oor haar eie saligheid en het die werklike bestaan van God en menssiele bevraagteken. Dit blyk veral uit haar briewe. Sy het die Nobelvredesprys (1979) ontvang en ook talle eredoktorsgrade. Tans funksioneer haar organisasie, Missionaries of Charity, in meer as ‘n honderd lande (Wikipedia).

Om tot heilige verklaar te word, moet daar minstens twee wonderwerke aan so ‘n persoon toegeskryf kan word. Die Kerk het dit enersyds gevind in iemand in Indië wat glo deur Teresa van ‘n ingewandegewas genees is en andersyds in iemand in Brasilië wat sy glo van ‘n breinvirus genees het (Die Burger, 19 deser, p 11). Ek wil nie onnodig sinies wees nie, maar dit is opvallend dat dit by geloofsgenesing (altyd) gaan om ‘n onsigbare interne kwaal wat skielik spoorloos verdwyn. Hoekom nooit iemand se af arm of been laat aangroei nie? Is dit nie dalk dat die Kerk desperaat na redes gesoek het om Teresa heilig te verklaar omdat sy bv so baie geld vir die Kerk ingesamel het nie? Assosiasie met ‘n bekende of glanspersoonlikheid verleen ook publisiteit en aktualiteit aan die Kerk. In sy 1995-boek (bron hier onder, Kindle 638) verskaf Christopher Hitchens twee (ander) redes: “The fundamentalist faction within the Vatican has found her useful in two ways – first as an advertisement for the good works of the Church to non-Catholics, and second as a potent instrument of moral suasion within the ranks of the existing faithful. She has missed no opportunity to restate elementary dogmas.”

Christopher Hitchens (1949-2011) vertel dat Malcolm Muggeridge (1903-1990) Teresa in 1969 wêreldbekend laat word het nadat hy ‘n dokumentêre rolprent van haar en haar werk vir die BBC gemaak het. ‘n Nuwe soort film is vir die video-opnames,wat in ‘n donker gebou gemaak is, gebruik. Die beelde was bo verwagting duidelik. Muggeridge het dit “the first authentic photographic miracle” genoem, pleks van die resultaat bloot aan die beter soort film toe te skryf. Die bogenoemde Indiese vrou wat volgens die Kerk danksy Teresa wonderbaarlik herstel het, het volgens die dokters wat haar behandel het, asook haar man, “been cured by ordinary, regular medical treatment” (God is not great, 2007, p 145-7).

Ek is geneig om te glo wat Hitchens in die vorige paragraaf geskryf het. Hy kon uitstekend formuleer en bekwame joernalistieke ondersoekwerk doen, maar hy het as eertydse kommunis geen begrip vir die situasie van blanke Suid-Afrikaners gehad nie. Hy skryf bv hoogs oordrewe van die “most hateful dictatorship of the twentieth century: the vile system of apartheid in South Africa” (251). ‘n Mens kan vra: Erger as die bewind van Adolf Hitler, Joseph Stalin en Mao Zedong? “Racism is totalitarian by definition: it marks the victim in perpetuity and denies him, or her, the right to even a rag of dinity or privacy.” Afrikaners “created a backward and despotic state, in which the rights of all other peoples were abolished and in which eventually the survival of Afrikaners themselves was threatened by corruption, chaos, and brutality.” Hoe bewerkstellig ‘n mens ‘n situasie wat bv minder korrup is? “It is to the credit of … the African National Congress that South African society was saved from complete barbarism and implosion” (251-252).

Let op hoe onakkuraat gaan Hitchens met die Soweto-skoolopstand van 1976 om: “Many people forget that the Soweto revolt in the 1980s [!], which ultimately spelled apartheid’s downfall, exploded after the Nationalist regime made the medium of school instruction exclusively [!] Afrikaans, banning the classroom use of English, along with Xhosa and Zulu” (Arguably, 2012, p 103). “It was Lord Carrington who (just before Nelson Mandela was released from prison) proposed that South Africa be split into a white Afrikaner reservation, a Zulu area, and a free-for-all among various other peoples” (484-485). Dit is te betwyfel of Carrington (gebore in 1919 – die blikskottel/vabond lewe nog) werklik so gaaf sou wees om aan Afrikaners (of blankes) ‘n eie staat te gun.

the_missionary_position_hitchensHitchens het ‘n polemiese boek spesifiek oor Moeder Teresa gepubliseer, al kan die substansiële inhoud myns insiens kwalik meer as ‘n artikel regverdig: The missionary position: Mother Teresa in theory and practice (London: Atlantic Books, 1995/2012, 130p; Amazon Kindle $13,67). Die doel met die teks was om Teresa se reputasie ingevolge haar handelinge en woorde te beoordeel (Kindle 67). Soos gebruiklik is Hitchens geneig om soms te oordryf, maar die nie-heiligheid van Teresa kan kwalik betwyfel word. Hy noem haar ‘n “thieving, fanatical Albanian dwarf” (63). In sy voorwoord beskryf Thomas Mallon die boek, nogeens oordrewe, as “a modest, rational inquiry, a calm lifting of the veil that drapes its sacred subject” (67).

Die kernteksvers waarom dit gaan, is: “Julle het tog altyd armes by julle” (Markus 14:7) of “Die armes het julle tog altyd by julle” (Johannes 12:8). Armoede is deel van die werklikheid, maar dit is seker verkeerd om dit as ‘n bate te beskou en jou vir die behoud daarvan te beywer asof dit waardevol is. Teresa het gesê: “I think it is very beautiful for the poor to accept their lot, to share it with the passion of Christ. I think the world is being much helped by the suffering of the poor people” (247). “Mother Teresa has a theory of poverty, which is also a theory of submission and gratitude” (289). Sy het armoede en lyding tot gewenste elemente verhef en daaraan kultusstatus probeer gee pleks van sowel armoede as lyding te bestry. Hitchens skryf van haar “preference for spreading the money thin and for devoting it to religious and missionary work rather than the sustained relief of deprivation” (718).

Maar hoe armoediger en ellendiger die indruk was wat haar werksaamhede gewek het, des te meer het die donasies ingestroom. “If Mother Teresa is the adored object of many credulous and uncritical observers, then the blame is not hers, or hers alone” (297). Die skenkers “reckon that they obtain some benefit from their supposed generosity in the form of virtue-by-association” (722). “The true address of the missionary is to the self-satisfaction of the sponsor and donor, and not to the needs of the downtrodden” (580). Sy het gesê: “We cannot work for the rich; neither can we accept any money for the work we do. Ours has to be a free service, and to the poor” (677). Haar opmerking verdoesel die ontvangs van talle donasies afkomstig van ryk mense en vermoënde instansies.

Erger, daar is die geval van die bedrieër Charles Keating. Hy het $1¼ miljoen aan Teresa geskenk (734). Tydens sy verhoor het sy begenadiging vir hom bepleit (739). Nadat Keating veroordeel is, het Paul Turley, die adjunk-distriksadvokaat, vertoë tot Teresa gerig om Keating se donasie terug te gee sodat die geld aan die regmatige eienaars terugbesorg kon word (756): “I submit that Jesus would promptly and unhesitatingly return the stolen property to its rightful owners. You should do the same. You have been given money by Mr Keating that he has been convicted of stealing by fraud. Do not permit him the ‘indulgence’ he desires. Do not keep the money. Return it to those who worked for it and earned it!” (774). “Mr Turley has received no reply to his letter” (778).

Teresa het die klem op bekering geplaas en nie op die verligting van armoede en lyding nie. Hier moet in gedagte gehou word dat haar bedrywighede aanvanklik tot Indië, ‘n oorwegend Hindoe- en Moslem-land, beperk was. Haar evangelisasie het teen die religieuse hoofstrome ingedruis. “Mother Teresa has never pretended that her work is anything but a fundamentalist religious campaign” (428). “For Mother, it was the spiritual well-being of the poor that mattered most” (558). Verdere onvanpastheid was haar religieuse oortuiging dat egskeiding, geboortebeperking en aborsie sonde is. Sy het hierdie Rooms-Katolieke leerstellings verkondig in ‘n land waar oorbevolking groot armoede en baie ander ellendes veroorsaak. Muggeridge het aan haar gevra: “So you wouldn’t agree with people who say there are too many children in India?” Teresa: “I do not agree because God always provides. He provides for the flowers and the birds, for everything in the world that he has created. And those little children are his life. There can never be enough” (408). Haar antwoord verduidelik nie waarom daar bv hongersnood is en waarom sowel diere as mense as gevolg daarvan ly en sterf nie.

Die redakteur van die mediese vaktydskrif The Lancet, Robin Fox, het Teresa se werkplaas in Kolkatta in 1994 besoek en bevind dat min gedoen word om siekes se kwale te diagnoseer en dat sterk pynstillers, soos morfien, glad nie gebruik word nie. Daar was “neglect of what is commonly understood as proper medicine or care” (470). ‘n Ander waarnemer was geskok om op te let dat spuitnaalde hergebruik word sonder dat hulle vooraf gesteriliseer word (479). Antibiotikums word nie gebruik nie en pasiënte word nie vir noodsaaklike operasies na hospitale verwys nie (486). “The point is not the honest relief of suffering but the promulgation of a cult based on death and suffering and subjection” (493). Die helpers”were forced to plead poverty, thus manipulating generous, credulous people and enterprises into giving more goods, services and cash” (548). “The flood of donations was considered to be a sign of God’s approval of Mother Teresa’s congregation” (552).

“Mother Teresa (who herself, it should be noted, has checked into some of the finest and costliest clinics and hospitals in the West during her bouts with heart trouble and old age) once gave this game [kyk vorige paragraaf] away in a filmed interview. She described a person who was in the last agonies of cancer and suffering unbearable pain. With a smile, Mother Teresa told the camera what she told this terminal patient: ‘You are suffering like Christ on the cross. So Jesus must be kissing you.’ Unconscious of the account to which this irony might be charged, she then told of the sufferer’s reply: ‘Then please tell him to stop kissing me'” (493).

Muggeridge het in 1969 ‘n positiewe voorstelling van Teresa se werk in sy dokumentêre televisieprogram, Something beautiful for God, aangebied. Op grond van sy navorsing en besoek aan Kolkatta het Hitchens in 1994 genoodsaak gevoel om ‘n negatiewe beeld van Teresa se bedrywighede in sy televisieprogram, Hell’s Angel, voor te hou. Van Teresa se vrywillers het daarna na vore getree met eerstehandse inligting, bv dat kroniese siekes en sterwendes nie toegelaat word om te rook of te drink of televisie te kyk of selfs besoekers te ontvang nie (505). ‘n Ander helper vertel dat so baie tamaties aan hulle geskenk is dat hulle daarvan vir latere gebruik ingelê het. “When Mother came to visit and saw the canned tomatoes, she was very displeased. Missionaries of Charity do not store things but must rely only on God’s providence” (527).

‘n Drie-verdieping, gemeubileerde gebou is aan Teresa se onderneming geskenk. Die plek is egter voor ingebruikneming van sy meubels en matte gestroop sodat dit ‘n armoedige indruk kon wek. “The beautifully constructed house was made to conform to a way of life intended to help the sisters become holy. Large sitting rooms were turned into dormitories where beds were crowded together … The heat remained off all winter in this exceedingly damp house” (533). In Bronx, New York City, is ‘n verlate gebou deur die stadsraad teen $1 aan Missionaries of Charity verkoop. “Government regulations required that an elevator be installed for the use of the disabled. Mother Teresa would not allow an elevator. The city offered to pay for the elevator. Its offer was refused. After all the negotiations and plans, the project for the poor was abandoned because an elevator for the handicapped was unacceptable” (538).

Wat Hitchens oor Moeder Teresa geskryf het, is nie vergesog nie. Lees gerus die resensies van hierdie boek in Amazon se Kindle-katalogus. Wat kan ‘n mens hieruit aflei? ‘n Mening wat algemeen gehuldig word, is nie noodwendig korrek nie. Daar was ‘n tyd toe die meerderheid mense gedink het die aarde is plat. Die meerderheid het verkeerd gehad. Die populêre beeld van Moeder Teresa is dié van ‘n heilige en die Rooms-Katolieke Kerk gaan hierdie siening groter stukrag gee deur haar amptelik tot heilige te verklaar. In werklikheid sal dit haar geensins meer heilig maak of haar nalatenskap verbeter nie.

Die geval Moeder Teresa behoort ons skepties te maak oor bv gefabriseerde ikone wat aan ons voorgehou word as bv moreel voortreflik. Dit maak nie saak hoeveel standbeelde vir so iemand opgerig word, op hoeveel geldnote en seëls sy afbeelding verskyn, hoeveel woongebiede, strate, parke, geboue, instansies, ens, na hom vernoem word, hoeveel eredoktorsgrade, asook die Nobel-vredesprys, aan hom toegeken is nie. Wat nodig is, is om na te gaan wat so ‘n mens gedoen het. Het hy nie-gewelddadig en misdaadvry gelewe? Het hy ordentlike, beskaafde standaarde gehandhaaf? Was hy sy lewe lank ‘n voorbeeldige mens, bv ‘n goeie eggenoot vir sy vrou en ‘n goeie pa vir sy kinders? Kon op sy woord vertrou word? Vorm ‘n eie opinie na so ‘n ondersoek. Dan weet jy of hy werklik ‘n messias/verlosser was wat ons na ‘n Kanaän/utopie vry van bv kommunisme, misdaad en geweld gelei het.

Kersfees is ‘n tyd wat met heiliges geassosieer word. Maar daar is ook nie-heiliges. “So het Ek dan heilige vorste ontheilig” (Jesaja 43:28) en “Ek het baie van die heiliges in gevangenisse opgesluit” (Handelinge 26:10).

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.