Geseënde Kersfees aan al ons lesers!

Deel op

Ons wens al ons lesers en ondersteuners ‘n baie geseënde Kersfees toe. Ons hoop dat u ‘n aangename Kersdag met u familie sal deurbring. Tussen Kersfees en Nuwejaar sal dié webblad slegs sporadies bygewerk word, tensy daar iets belangriks gebeur of tensy een van ons rubriekskrywers iets dringends op die hart het.

En tussen al die mooi gedigte in Afrikaans oor Kersfees, wie sal ooit Elisabeth Eybers se “Maria” vergeet?

Maria

‘n Engel het dit self gebring,
die vreugde-boodskap – en jy het
‘n lofsang tot Gods eer gesing,
Maria, nooi uit Nasaret!

Maar toe Josef van jou wou skei
en bure-agterdog jou pla,
het jy kon dink, eenmaal sou hy
die hele wêreldskande dra?

Toe jy soms met ‘n glimlag langs
jou liggaam stryk … die stilte instaar ….
Wis jy met hoeveel liefde en angs
sou hy sy hellevaart aanvaar?

Die nag daar in die stal – geeneen
om in jou nood by jou te staan –
Het jy geweet dat hy alléén
Getsémané sou binnegaan?

Toe vorste uit die Ooste kom
om nederig hulde te betoon
wis jy hoe die soldate hom
tot koning van die volk sou kroon?

En toe hy in jou arms lê,
sy mondjie teen jou volle bors,
het jy geweet dat hy sou sê,
toe dit te laat was : Ek het dors!

Toe dit verby was, en jy met
sy vriend Johannes huis toe gaan – Maria, vrou van smarte, het
jy tóé die boodskap goed verstaan ?

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.