ANC-minister smeek Oos-Kaapse munisipaliteite om Eskom-betalings

Deel op

Die ANC-minister van openbare ondernemings, Lynn Brown, smeek in ‘n onlangse verklaring munisipaliteite in die Oos-Kaap om Eskom te betaal. “Dit is onaanvaarbaar vir burgers om gedurende dié seisoen te ly,” sê sy. “Munisipaliteite moet verantwoordelikheid aanvaar en diegene met uitstaande skuld moet Eskom onmiddellik nader om uit te vind hoe hulle die uitstaande skuld kan vereffen.”

Die minister se opmerkings geskied ongeveer ‘n dag nadat inwonwers van vier munisipaliteite in die Oos-Kaap, wat Eskom gesamentlik R173 miljoen skuld, kragonderbrekings ervaar het.

Eskom het verklaar dat hy die kragonderbrekings gedurende spitstye vir nege uur per dag ingestel het, as ‘n uiterste maatreël nadat daar geen reaksie op sy aanmanings om te betaal was nie.

Eskom het egter later die kragonderbrekings opgeskort nadat die Oos-Kaapse premier Phumulo Masualle tussenbeide getree het, en ‘n “aansienlike deel” van die skuld in Eskom se rekening inbetaal is.

‘n Woordvoerder van die elektrisiteitsmaatskappy, Khulu Phasiwe, wou nie sê presies hoeveel daar aan Eskom oorbetaal is nie, maar dit behels glo “miljoene rand”. Hy het bygevoeg dat daar nog ‘n betaling teen die einde van die maand gemaak sal word.

“Ons sal hulle by daardie ooreenkoms hou. Dis nou hulle verantwoordelikheid,” sê Phasiwe.

Indien die volgende betaling nie teen 31 Desember in Eskom se rekening verskyn nie, sal inwoners van die vier munisipaliteite weereens aan beurtkrag tydens spitstye (tussen 6vm en 9vm, 12nm en 2nm, en tussen 5nm en 9nm) onderwerp word.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.