praag.co.za nader 19 000 gepubliseerde artikels!

Deel op

Die webblad wat u tans lees, beskik reeds oor 18 907 gepubliseerde artikels – alles in Afrikaans. Oor die volgende paar weke sal ons die 19 000-kerf verbysteek. Om dit in perspektief te stel: dit verteenwoordig ongeveer 10 miljoen woorde, oftewel die ekwivalent van 150 boeke van 300 bladsye elk. Al ons inhoud is gratis aanlyn beskikbaar, asook soekbaar vir die wêreldwye lesers van Afrikaans.

Dink gerus daaraan om ons geldelik te ondersteun en by PRAAG aan te sluit. Sonder u ondersteuning kan ons nie aangaan om daagliks vir u nuus en onverskrokke pro-Afrikaanse menings te bring nie.

Sodra ons die mylpaal van 19 000 artikels bereik, sal ons dit beslis onder u aandag bring en dit ook hier by ons vier. Daarna mik ons vir 20 000 Afrikaanse artikels. Let ook daarop dat ons geskiedenisstukkies deur prof. Jaap Steyn en ander ‘n gebalanseerde blik op die Afrikanergeskiedenis bied wat in hierdie tye van marxistiese en polities korrekte oorheersing so skaars soos hoendertande is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.