Swart bestuurder ploeg opsetlik in voetgangers in

Minstens een persoon is dood en 36 ander beseer toe ’n motor Sondagnag met opset in wit voetgangers op ’n sypaadjie voor die Planet Hollywood Resort and Casino in Las Vegas ingeploeg het.

Met Amerika wat steeds ­senuweeagtig is ná die onlangse ­terreuraanvalle in San Bernadino, Kalifornië, was Las Vegas Sondagnag in rep en roer.

Volgens polisiebronne was dit nie ’n terroriste-aanval nie, maar wel ’n opsetlike daad.

Baie van die beseerdes het Frans gepraat en vir tolke gevra. Dit is ’n aanduiding dat hulle moontlik ­toeriste is wat op besoek was aan dié gebied met sy talle casino’s en luukse verblyfplekke.

Sewe van die beseerdes is in ’n ­kritieke toestand.

Dit is duidelik dat die swart ­vroulike bestuurder van die ­voertuig daarop uit was om die voetgangers leed aan te doen. Lakeisha Holloway het herhaaldelik in die voetgangers ingery.

Die Las Vegas-polisiehoof sê hy kan nie die redes vir die swarte se gedrag bekendmaak nie, aangesien dit “te sensitief” is. Vermoedelik het Holloway dit om suiwer rassistiese redes gedoen.

Sy is in hegtenis geneem en ­ondervra. Sy is ook vir die gebruik van dwelms en alkohol getoets.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.