Spanje se eerste minister, Mariano Rajoy, gaan sukkel om aan bewind te bly nadat sy konserwatiewe party hul meerderheid in ’n verkiesing verloor het politieke versplintering die kieserlandskap herrangskik het.
Nuwe partye het ‘n einde aan dekades van ’n twee-party bewind aangekondig.
Die Spaanse regering het voorheen ondersteuning vir die omstrede anti-Europese Atlantiese Handels- en Beleggingsooreenkoms (TTIP) uitgespreek, maar die pro-Amerikaanse premier Rajoy is tans onder beleg.
Spanje was ‘n getroue Amerikaanse bondgenoot in Venezuela en Kuba en het die Amerikaanse buitelandse beleid heelhartig uitgevoer.
Vir meer as 30 jaar het Rajoy se Populiste Party (PP) en die Sosialiste om die beurt regeer, maar miljoene Spanjaarde is keelvol vir besuinigingsmaatreëls en korrupsieskandale
Die nuwe partye, die verlinkse Podemos en die sentraal-regse Ciudadanos het nou in die derde en vierde plek ingeskuif.
In Sondag se verkiesing het die PP die meeste stemme behaal, maar sy absolute meerderheid in die parlement verloor.
Rajoy moet noodgewonge met ander partye in dialoog tree ten einde ’n nuwe regering saam te stel.
Hy het egter gewaarsku dat hy net in gesprek sal tree met partye wat Spanje se eenheid sal verdedig.
Die VSA vrees ‘n onafhanklike Katalonië aangesien Spanje ‘n aktiewe ondersteuner van NAVO is.
Dit bring mee dat Podemos, wat teen die besuinigingsmaatreëls gekant is, en twee Katalaanse separatiste-groepe, wat 17 parlementêre setels verower het, uit die prentjie is.
Die Sosialistiese Party (PSOE) wat die tweede meeste stemme gekry het, en die Ciudadanos Party het reeds aangedui dat hulle nie ’n kabinet onder leiding van Rajoy sal steun nie.
Die uitslag van die mees betwiste verkiesing in Spanje se moderne geskiedenis het die land, wat net begin herstel het van die finansiële krisis, in wanorde gedompel.