Bob glo deur paleisrewolusie vervang

Deel op

Die leier van die opposisie in Zimbabwe, Morgan ­Tsvangirai, het Maandag gesê die president is deur ‘n paleisrewolusie vervang.

Met pres. Robert Mugabe (92) se instemming het sy vrou, Grace, glo intussen ongemerk as staats­hoof oorgeneem. Grace Mugabe (50), lei Zanu-PF se vroueliga.

“Grace Mugabe het met ‘n paleisrewolusie oorgeneem en die regering het nie ‘n vinger verroer om die krisis af te weer nie.

“Zimbabwe word deur ’n leierskaps­krisis bedreig. Niemand in die regering dink aan oplossings vir die land se uitdagings nie omdat almal se aandag gevestig is op die vraag wie die moeë man as stuurman van die skip gaan opvolg,” het die MDC-leier verklaar in sy jaarafsluitingsrede.

Mugabe, wat aanstaande jaar 92 word, is al vir 35 jaar aan bewind, klaarblyklik sonder dat sy vele termyne die Angelsaksiese pers kwel.

Sy aanstelling as staatshoof in 1980 is as ‘n triomf deur Brittanje voorgehou. Hy het sy land intussen in die grond bestuur.

Zimbabwe beplan ook om die Chinese yuan as wettige betaalmiddel te aanvaar in ruil vir skuldafskrywing ter waarde van sowat $40 miljoen.

China is die grootste belegger in Zimbabwe. Zimbabwe se minister van finansies, Patrick Chinamasa het die stap aangekondig.

Suid-Afrikaanse rand en die Amerikaanse dollar is tans die dominante geldeenhede.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.