Dan Roodt: Suid-Afrika behoort ‘n toesighoudende Afrikanersenaat te hê

Deel op

Voor ek dié artikel in die New York Times getwiet het, het ek gedink aan Suid-Afrika se politieke penarie.

Al vier die bogaande Franse romans stel ‘n ander wêreld voor, soms ‘n baie negatiewe wêreld soos ‘n Islamitiese kalifaat, maar iets anders as wat tans geld. Deel van Suid-Afrika se probleem is dat ons ons nie iets anders as regering deur die ANC-SAKP met korrupsie, swart rasse-narsisme, ‘n gesanik oor “rassisme”, onbekwaamheid, ens., kan voorstel nie. Ons parlement – en hieroor behoort almal saam te stem – is ‘n sirkus. ‘n Duur sirkus met veels te veel narre wat almal salarisse en voordele verdien. Dit kan maklik tot ‘n honderd LP’s of minder verklein word.

Gestel nou ons het ‘n senaat gehad wat sê maar in die Ou Raadsaal in Pretoria gesit het, en wat net uit Afrikaners bestaan het. Die senaat sou ‘n vetoreg op alle wetgewing hê wat van die Engelse parlement in Kaapstad af kom. Alle wetgewing sou ook eers in Afrikaans vertaal moes word om aan die senaat voorgelê te word. Enige wetgewing wat antiwit, anti-Afrikaanse elemente soos regstellende aksie, swart bemagtiging en dies meer bevat, sou byna outomaties geveto word.

Die senaat sou ook beheer uitoefen oor aanstellings in die polisie en die weermag sodat geen politieke party in die parlement eenvoudig die staat en veral die veiligheidsdienste kan oorneem nie. Verkieslik sou die senaat insgelyks oor die mag beskik om die parlement te ontbind indien dinge in die “sirkus” handuit ruk, maar aangesien hy oor ‘n vetoreg beskik, sou dit nie te dikwels gebeur nie. Die senaat kan om die helfte uit verkose lede bestaan, asook benoemde lede wat op grond van hul diens aan die Afrikanergemeenskap en die land benoem sou word. Die rede waarom slegs Afrikaners daarop mag dien, is omdat die res van die bevolking, hetsy swart, bruin of Indiër, hetsy Engels en wit, hoofsaaklik in die geldelike en materiële voordele van Suid-Afrika belangstel en geen patriotiese lojaliteit jeens die land koester nie.

Die onderskeid tussen die senaat en die parlement sou dus dié tussen ‘n patrisium of adel en ‘n plebs of “nasie” wees. In dié opsig sou die “reënboognasie”-term dalk gepas wees, om ‘n bonte mengelmoes te benoem en waaroor veral toesig gehou moet word ten einde die skade wat hulle mag aanrig te beperk.

Daar kan ook ‘n derde huis wees, ‘n raad van tradisionele leiers wat na inheemse reg omsien en die 20 miljoen swartes in die land wat steeds onder stamgesag staan. Dié tradisionele raad sou aanbevelings kon maak aan die ander twee huise. Die senaat moet ook ‘n oorsigrol vervul wat die aanstelling van ministers betref en daar moet ‘n geskrewe of ongeskrewe reël wees dat Justisie, Verdediging, Finansies, Kultuur en Buitelandse Sake deur Afrikaners gevul moet word. Dit sou die enigste manier wees waarop ‘n eenheidstaat kon werk. Waarom so ‘n senaat nooit in die aanloop tot 1994 oorweeg is nie, weet ek nie. Weereens dui dit op die gebrek aan verbeelding van die destydse politici, asook natuurlik FW de Klerk en Roelf Meyer se verraad teenoor ons.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.