Drie verskyn wat kind glo verkoop

Deel op

Drie swart vroue wat glo ‘n eenjarige kind vir R5 000 wou verkwansel het Maandag vlugtig in die landdroshof in Nelspruit (Mbombela) verskyn.

Die drie is verlede week deur lede van die Valke in Springs in hegtenis geneem.

Reginah Ndlovu (25), die kind se ma en ‘n 18-jarige medepligtige, Nomthandazo Nkuna, is nie gevra om te pleit op die klag van mensehandel nie.

Die ander swart vrou wat aangekla word, is die een wat glo die kind gekoop het.

Die saak is tot volgende week Dinsdag uitgestel vir ‘n borgtogaansoek.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.