SAL-aanvaar Nene-plan op die nippertjie

Deel op

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens het ter elfder ure besluit om die Airbus-transaksieplan te aanvaar.

Die plan is soos dié een wat deur die voormalige minister van Finansies Nhlanhla Nene, goedgekeur is.

Die lugdiens het die Tesourie ingelig dat sy raad gestem het soos in Julie toe Nhlanhla Nene die plan goedgekeur het.

Die lugdiens het sodoende die spertyd gehaal om nie ‘n duur boete te betaal nie. SAL sou sowat R600 miljoen rand moes opdok vir vliegtuie wat hy nie kan bekostig nie.

Dit wil voorkom asof die heraangestelde minister van finansies, Pravin Gordhan die voorsitter van die SAL-raad, Dudu Myeni vasgevat het.

Myeni wou die ooreenkoms heronderhandel, wat die oorspronklike ooreenkoms sou laat verval het en die betaling van miljoene rand sou noodsaak.

Nene se weiering om Myeni se plan te aanvaar, het waarskynlik sy kop laat rol.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.