Hittegolf oor groot dele duur voort

Deel op

Die heersende hittegolf gaan na alle waarskynlikheid tot môre oor groot dele van Suid-Afrika voortduur.

Die Bloemfonteinse weerkantoor se Phemelo Zonke het aan OFM gesê in die westelike dele van die land word geen reën voorspel nie.

Sy sê sekere dele van sentraal-Suid-Afrika kan wel verspreide donderbuie te wagte wees.

In Bloemfontein gaan die kwik waarskynlik môre tot 34 grade styg, terwyl Vryburg gaan braai met ‘n temperatuur van 38 grade. Upingtonners kan 42 grade verwag.

Mense word weereens gemaan om uiters versigtig met vuur om te gaan, aangesien die toestand vir wegholveldbrande baie gunstig is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.