Padslagting wek groot kommer

Deel op

Die Outomobiel Assosiasie het sy kommer uitgespreek oor die hoë padsterftes en sê daar is geen verbetering teenoor verlede jaar nie.

Die woordvoerder van die AA, Layton Beard het aan RSG gesê die feit dat daar reeds meer as 500 mense op die land se paaie dood is, wek groot kommer.

Beard sê te veel motoriste gehoorsaam nie die padreëls nie. Hy sê spoed, die gebruik van selfone, dronkbestuur en die versuim om veiligheidsgordels te dra is van die grootste oorsake van padongelukke.

Hy het nie die verbysteek op sperstrepe genoem wat kommerwekkend hoog is nie en die oorsaak van die meeste noodlottige ongelukke is nie.

Hy sê dringende aandag moet geskenk word aan wyses om groter verantwoordelikheid by motoriste te kweek, en wetstoepassing moet drasties verskerp word.

Volgens die Padverkeerbestuurskorporasie is vanjaar se dodetal op die land se paaie is die hoogste in vier jaar.

Bykans 700 sterftes is in 600 ongelukke in die eerste drie weke van Desember aangemeld.

Die dodetal sal na verwagting verder styg soos inligting van al nege provinsies bygewerk word.

Die meeste ongelukke vind glo tussen tienuur saans en sesuur soggens plaas.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.