Swaar weer ontwrig lugverkeer by OR Tambo

Deel op

Alhoewel die OR Tambo Internasionale Lughawe Maandag op sy amptelike Twitter-blad ontken het dat die lughawe gesluit is, het hewige donderstorms wel lugverkeer byna tot stilstand gedwing.

Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika kon nie aanvanklik vir kommentaar bereik word nie.

‘n Hewige donderstorm en hael in dele van Johannesburg het daartoe gelei dat talle vlugte by die OR Tambo Internasionale Lughawe vertraag is.

Die meeste vertragings is glo deur uiterste weerstoestande veroorsaak.

Die 18 vlugte wat geskeduleer was om op te styg moes wag, terwyl ‘n verdere 52 vlugte wat sou land ook vertraag is.

Passasiers het op die sosiale netwerk Twitter getwiet dat die lughawe gesluit is.

Intussen is groot dele van Johannesburg sonder elektrisiteit. City Power sê dele wat geraak word sluit in Sydenham en Cyrildene in die ooste in. In die noorde word Greenside, Linden, Craighall Park en Honeydew geraak en La Rochelle in die suide van die stad.

Dit is nog nie duidelik wat die kragonderbreking veroorsaak het nie. City Power sê egter die donderstorm wat oor dele van die stad gewoed het kon tot van die kragonderbrekings gelei het.

Bykomende personeel is ontplooi in ‘n poging om die onderbrekings te herstel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.