El Nino byt vas

Deel op

Klimatoloë het opnuut hulle kommer uitgespreek oor een van die sterkste El Nino weerstelsels in die geskiedenis, en sê daar is geen aanduiding dat dit sy houvas op die wêreldklimaat gaan verslap nie.

Die stelsel het in Suid-Afrika en Ethiopië gelei tot die ergste droogte in meer as 50 jaar, het RSG berig.

Verskeie lande in Suid-Amerika het ook reeds ‘n noodtoestand verklaar, en die VN help nog tien lande met noodvoorraad.

Die VN sê die huidige El Nino kan waarskynlik die sterkste sedert 1950 wees. In Indonesië en Papua Nieu Guinee het riviere opgedroog en swaar ryp het oeste verwoes.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens verwag dat El Nino sal vererger en tot Maart aanstaande jaar sal voortduur.

Veeboere in en om Rustenburg in Noordwes het intussen by die provinsiale regering gepleit om dringend met ‘n verbeterde droogtehulpplan vorendag te kom. Boere sê hulle verloor vee in groot getalle weens die droogte.

Volgens die boere is die Molatedidam net vier persent vol.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.