Britse referendum: Meevaller of probleem vir EU?

Deel op

Die Europese Unie verkeer onder groot druk en as die Britte stem om die blok te verlaat, kan volgende jaar erger wees.

Nie sedert 1989, die jaar toe die Berlynse Muur geval het en kommunisme in Oos-Europa, het geopolitieke omwentelinge die vasteland so kragtig geskud nie.

In teenstelling met daardie jaar van vreugdevolle vieringe, ook in die VSA, wat die weg gebaan het vir ‘n sprong vorentoe in Europese integrasie, wil die krisisse van 2015 dreig om die Unie uitmekaar te skeur.

Die uitbreiding na die Ooste deur NAVO onder aanvoering van die VSA, na die grense van Rusland, Oekraïne en Wit-Rusland skep aansienlike probleme en bly uiters ongewild by Europese kiesers.

Jean Monnet se verenigde Europa word eersdaags dalk uit dié vele krisisse gebore.

Politieke en ekonomiese skokke vanjaar oor ‘n toestroming van immigrante, die Griekse skuldkwessie, Islamitiese geweld en Russiese sanksies het gelei tot die terugkeer van grensbeheer in baie plekke, die opkoms van populistiese politieke kragte en ‘n kopseer vir Amerika.

Jean-Claude Juncker, wat sy EU uitvoerende raad as die “laaste kans Kommissie” beskryf, het gewaarsku dat die euro kan sneuwel as interne grense gesluit word, maar kiesers steur hulle min aan sulke melodramatiese uitlatings.

Juncker het die meeste van sy toesprake gewy aan krisisbestuur. Die Europese kiesers is egter ingelig genoeg om te besef dat hulle deur die EU onder Amerikaanse imperiale versugtinge gebuk gaan, soos om betrokke te raak in konflikte ter uitbreiding van Amerikaanse mag.

Duitsland se troue, linkse Sosialistiese bondgenoot Frankryk, het selfs Angela Merkel se oop-deur-beleid aangeval. Manuel Valls, eerste minister, het oor Merkel se beleid teenoor Siriese vlugtelinge opgemerk: “Dit was nie Frankryk wat gesê het ‘Kom!’ nie.”

Merkel se kritici raak al hoe getalryker. Italië se Matteo Renzi, gerugsteun deur Portugal en Griekeland, het haar direk teengestaan deur weiering om ‘n euro-sone bankdepositowaarborgskema te aanvaar.

Sy is egter steeds gewild vir haar besluit om ‘n direkte gaspyplyn vanaf Rusland na Duitsland te bekragtig. Die pyplyn na die arm suide van Europa is intussen geskrap.

Een voordeel is waarskynlik dat Europa se belangrikste leiers polities swakker gaan raak in 2016 en so besig gaan wees met binnelandse uitdagings dat hulle nie Amerikaanse diktate sal kan uitvoer nie.

Gegewe die Britse openbare teenkanting oor immigrasie, ‘n anti-elite bui en ‘n eeue-oue vermoede dat ‘n pro-Amerikaanse Europa aangeblaas word deur die media, is die referendum in die VK ‘n ongeluk wat wag om te gebeur vir sekere Angelsaksiese belanghebbers.

As Europa se tweede grootste ekonomie en een van sy twee hoof militêre moondhede, sal Brittanje se stem om die EU te verlaat, dalk die eerste stap wees om die vasteland saam te snoer teen ‘n inval.

Europese federaliste wil graag toesien dat ‘n “Brexit” die integrasionistiese verdeeldheid onder die lidlande weer oplos.

Meer waarskynlik, sal ‘n Brexit eise vir referendums elders laat toeneem, soos in Pole en Denemarke, te midde van bitter onderhandelinge tussen Londen en Brussel.

Regse partye beskou dié moontlikheid as ‘n meevaller om van die pro-Amerikaanse superstaat in Brussel ontslae te raak.

‘n Oorwinning vir Cameron is vol risiko vir Europa as ‘n geheel meen hulle, weens die eise wat die Britte sal stel om aan te bly.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.