Motorbom in Mogadisjoe eis talle

Deel op

Verskeie mense is Saterdag dood of gewond toe gewapende mans in ’n besige straat in die hoofstad van Somalië, Mogadisjoe, laat ontplof het, het die polisie gesê.

“Gewapende mans het vanuit ’n verbygaande voertuig op die skare losgebrand en kort daarna, nadat polisieversterkings op die toneel opgedaag het, het ’n motor ontplof wat vol plofstof gelaai was,” het ’n woordvoerder van die plaaslike polisie, Ahmed ­Abdiweli, gesê.

Die meeste van die slagoffers was burgerlikes.

Ooggetuies sê die gewapende mans het eers op ’n regeringsamptenaar se voertuig begin skiet. Dit het tot ’n oor-en-weer-skietery met die amptenaar se veiligheidsbegeleiding gelei.

“Die gewapende mans, wat in ’n voertuig gery het, het die ampenaar se motor aangeval en daarna het ’n skietery uitgebreek waarna ’n harde ontploffing gehoor is,” het Abdi Mudey gesê. Volgens hom het die aanval naby die Makka al-Mukarama-pad plaasgevind.

Niemand het onmiddellik verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar nie, maar Somalië se al-­Sjabaab-insurgente het in die verlede ’n reeks aanvalle in die hoofstad uitgevoer.

Hulle is in die middel van 2011 uit Mogadisjoe verban, maar die organisasie wat bande met ­Al-Kaïda het, beheer groot dele van die platteland, van waar dit aanvalle uitvoer.

Dit veg om die internasionaal erkende regering in Mogadisjoe omver te werp, wat die beskerming van ’n ­Afrika-Unie-mag van 22 000 geniet.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.