Nóg ’n Nobelprys vir Afrika

Deel op

Afrika word deesdae toegegooi onder sulke pryse, maar die vooruitgang ontbreek steeds.

Die Nobel-vredesprys wat vanjaar aan die “Tunisiese Nasionale Dialoog-kwartet” toegeken is, is deur die hoofrolspelers van dié vier burgerlike samelewinggroepe in Oslo in ontvangs geneem.

Die kwartet het ná die Jasmyn-­rewolusie van 2011 Tunisië se oorgang na sogenaamde “demokrasie” gelei.

Die voormalige president, wat nou as ‘n “diktator” beskryf word deur diue VSA, was egter ‘n gematigde Moslem.

Die sekretaris-generaal van die Tunisiese algemene werkersunie, Houcine Abbassi; die president van die Tunisiese werkgewersunie (UTICA), Wided Bouchamaoui; die Tunisiese menseregteliga (LTDH) se Abdessatar Ben Moussa; en die president van die nasionale orde van Tunisiese regsgeleerdes, Mohamed Fadhel Mahfoudh, het die prys in ontvangs geneem.

Die kwartet is in 2013 gestig om die land van ‘n ineenstorting te red, onder meer vanweë politieke sluipmoorde en verspreide onluste.

Ten spyte van die toekennings, gaan Tunisië steeds beguk onder islamitiese geweld. Die afgelope jaar is drie aanvalle deur ISIS suksesvol geloods.

Talle toeriste is ook gedood, wat die land se toersime tot stilstand gedwing het. Die Nobel-vredesprys raak toenemend gestigmatiseer as ‘n kwade politieke instrument.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.