Dan Roodt: Raak dadelik apaties oor Zuma: ‘n ope brief aan Afrikaners

Deel op

Geagte Afrikaners,

Waarskynlik het u opgemerk dat die ANC-SAKP, daardie goddelike organisasie wat eens aan ons voorgehou is as ‘n hemelse seën vir die land, nie meer so gewild in die Engelse media is nie. En as ek praat van “Engelse media” sluit ek koerante soos Beeld en Die Burger daarby in. In elk geval word die meeste van hul meningstukke letterlik vanuit Engels vertaal en die res word deur mense geskryf wat volledig teen die hele Afrikaanse tradisie van 1652 tot nou gekant is.

“Zuma moet val” is die nuwe “meem” wat ons voorgehou word. Waarom? wonder ‘n mens. Wat is die verskil tussen Zuma en Mbeki? Of selfs Zuma en Mandela? Albei is Nguni-sprekers wie se enigste opvatting van politiek dié is wat deur hul Engels-marxistiese meesters aan hulle geleer is.

Sedert 1994 en selfs daarvoor, word Suid-Afrika aangehits om revolusie te voer, te “transformeer”, alles radikaal te verander: ons ekonomie, ons skole, ons universiteite, ons plekname, ons geskiedenis, selfs die menslike geslag; mans en vroue moet verdwyn en slegs “nie-seksistiese” hermafrodiete moet oorbly. Elke dom Rooinek in Johannesburg of Kaapstad het saam-saam gemarsjeer in elke optog ten gunste van die revolusie. Noudat die onvermydelike gebeur, met die rand wat daal en die ekonomie wat lyk asof hy in die hek gaan duik, moet die remme aangeslaan word.

Die Rooinekke – hulle wat jare lank gal gebraak het oor die “dom Afrikaners”  en hul “misdaad teen die mensdom, die verskriklike apartheid” – kyk nou om hul rond en wonder hoe hulle hierdie warmgemaakte rooi Ford Cortina, die revolusie, gaan keer! Maar natuurlik, doer in die hoek, met sy stommerikhoedjie en “I-must-not-speak-Dutch”-teken om sy nek, staan Japie, die Afrikaner. In Nadine Gordimer, die Engels-Joodse Johannesburger aan wie die Sweedse Akademie die Nobelprys vir letterkunde uitgeloof het, se boeke verwys sy gereeld na Afrikaners as “the japies”.

Japie staan in die hoek; hy is nie deel van die pret nie. Die korrupsie, vinnige geld en “bemagtigingstransaksies” waarvan die Johannesburgse banke en makelaars miljarde rande afgeskep het, het by Japie verbygegaan. Dit was die hele plan: om die land na hartelus te kan plunder. Maar nou is dit feitlik leeg geplunder. Binnekort gaan die staatskas dolleeg wees. Wat nou? Verder as dít het die “slim Engelse” met hul liberale teorie van die “een nasie, een land, een taal” nie gedink nie.

Vandaar dus die angsvallige oproep op “almal” (ook Afrikaners) om summier teen Zuma te agiteer en te betoog. Vanuit die moederland, Groot Brittanje, word die propagandakrane ook nou oopgedraai. Enkele dae gelede staan daar in die Britse Independent, uit die pen van ene Justin Cartwright:

South Africa is a failed state under Zuma the illiterate clansman

Was Mandela nie ook maar ‘n “illiterate clansman” nie? Van die linkse Engelse marxiste wat ek destyds as student by Wits ontmoet het, soos ene Fink Haysom, het elke enkele toespraak wat Mandela ooit gelewer het, geskryf. ‘n New Yorkse Jood het Mandela se outobiografie geskryf. Ek dink nie Mandela kon twee sinne na mekaar konstrueer nie. Maar hy was ‘n god waarvoor almal op hul knieë moes val.

Nou word Zuma as ‘n “ongeletterde Stambantoe” beskryf. As ‘n Afrikaner so iets sou kwytgeraak het, sou ‘n horde gillende Engelse en amper-Engelse soos Mal Max du Preez en Piet Kopdoek – om nie van Kallie Kriel, die vurige “antirassis” van Afriforum te vergeet nie – terstond op hom toegesak het. Hy sou as ‘n “rassis” uitgekryt gewees het. Indien hy iewers oor ‘n vaste pos by ‘n maatskappy, skool of universiteit beskik het, sou hy moes bedank of hy sou afgedank gewees het. Die Menseregtekommissie sou ‘n ondersoek geloods het. Waarskynlik sou hy voor die Gelykheidshof gedaag gewees het. Tronkstraf of ‘n aansienlike boete sou sy voorland gewees het.

Maar as jy Engels is, mag jy dit maar sê. Want sien: Zuma en sy ANC raak nou ongehoorsaam. Hulle heul met die Russe en Chinese, oor kernkragsentrales en dies meer. Anders as Mandela of Mbeki, tree Zuma nie op as veghond teen die Afrikaner nie. Nie dat Zuma die Afrikaner goedgesind is nie, maar hy sien dit waarskynlik nie as sy primêre taak om Afrikaners te vervolg nie. Hy ontspan eerder bietjie by Nkandla, met die res van sy sibbe.

Dié mnr. Justin Cartwright wat op Zuma vanuit Londen skel, is blykbaar ‘n liberale Engelsman wat in Suid-Afrika gebore is. Hy beskik selfs oor ‘n aangenome kleinkind, ‘n swartman uit Haïti. In ‘n ander artikel in die Independent stel Cartwright sy reuse-ego ten toon en word sy lewe só opgesom:

Any anxiety Frank feels about the 21st-century Rainbow Nation being wrecked by similar racial violence is eased by distance, his complacent joy in his impeccably modern family (divorce, drugs, adopted Haitian grandson), and a romanticised love affair with the South African landscape.

Die hoofkarakter in Cartwright se jongste roman, Up against the night, is ‘n afstammeling van Piet Retief:

Retief, as the novel suggests, bequeaths a complex inheritance. For urbane liberal exiles including Frank and Cartwright, he is an anchor to South Africa itself. “It sort of gives you a sense of belonging. The Boers got there a lot earlier and went through a lot more than we ever had.”

Dis die ironie: “The Boers”, asook Afrikaans en ons hele geskiedenis, het in die huidige “progressiewe”, linkse, Afrosentriese, Engelstalige Suid-Afrika opgehou bestaan. Ons word net hier en daar op ‘n trollie vorentoe gestoot as daar oor apartheid gesanik moet word. As die lui, dom, megalomaanse Engelse tantes soos Mary Metcalfe of Barbara Creecy se linkse “opvoedkunde” in die swart skole van Gauteng nie werk nie, dan is dit “apartheid se skuld”. Die Afrikaner, wat nie meer as ‘n Suid-Afrikaner gereken word nie, verteenwoordig desnietaanstaande die land se ewige sondebok. Oor die min dinge wat in die land reg loop, popel die Rooinek in sy manjifieke briljansie en links-liberale “genie”. Die res, alles wat in duie stort of skipbreuk ly, is “te wyte aan die apartheidserfenis”, waarvoor die Afrikaner tot in aller ewigheid sal boet.

Daarom, as daar ooit ‘n oomblik in die geskiedenis was wat ons nie ‘n vinger moet verroer om die “slim Engelse” uit hul verknorsing te help nie, is dit nóú. Laat hulle en Zuma se Zoeloes mekaar gerus die stryd aansê, terwyl ons langs die kantlyn op ‘n veilige afstand kyk hoe hulle vaar. Of dit ‘n Isandlwana of ‘n Rorke’s Drift gaan wees, sal ons nog maar moet sien.

Peter Bruce, die gewese redakteur van die Business Day, en wat sy hele lewe lank daarvan droom om Brits te word, braak in sy mees onlangse rubriek gal oor Zuma onder die opskrif: A damaged man. A damaged country. Asof Bruce al ooit ‘n snars vir ons land omgegee het! Al waaroor hy begaan is, is oor sy eie sak en die moontlikheid dat Zuma die ekonomie mag skade aandoen. Nadat elke ander faset van die land reeds verwoes is. Sy rubriek eindig met ‘n oproep tot die stryd teen Zuma:

Have a safe holiday — 2016 will test us all.

Gaan daar burgeroorlog in 2016 wees? wonder ‘n mens. Hoe meer histeries die Engelse media en hul Afrikaanse napraters egter oor Zuma te kere gaan, hoe meer neutraal moet ons oor die hele aangeleentheid voel. Dis nou die tyd om ‘n goeie boek te lees, saam met jou familie en vriende vleis te braai of te gaan inkopies doen in al die Engelse winkelsentrums.  Met die ekonomie wat tuimel, gaan daar binnekort baie winskopies wees. Verkoop die rand teen die dollar of die euro, of koop Krugerrande, en sit agteroor om te kyk wat gebeur.

Die enigste stryd wat die Afrikaner tans moet voer, is die taalstryd. Nog nooit was die Engelse met hul imperiale strewe om ons te oorheers en te verengels so swak soos nou nie. Daarom staan ons nou ‘n kans om Afrikaans weer te laat herleef. Die Engelse en die Zoeloes deel ‘n gemeenskaplike taal in hul provinsie Natal, daardie lustelose en arm gebied wat so sleg teen ons dinamiese Transvaal en Wes-Kaap afsteek. Laat hulle dinge tussen mekaar uitspook, met of sonder hulp van Moedertjie Brittanje.

Kom ons pas die wysheid van die ou spreekwoord toe: Twee honde baklei oor ‘n been, en ‘n derde hardloop daarmee heen. Hoe hewiger die stryd tussen die Engelse en hul ANC-SAKP-Frankenstein raak, hoe beter die kans dat ons self ‘n paar kastaiïngs uit die vuur sal kan krap.

Natuurlik bestaan daar nasionalistiese Engelse en Britte in die Verenigde Koninkryk met wie ons ‘n pad sal kan stap, net soos met die ander regse Europeërs en Amerikaners. Sulke Engelse is egter in Suid-Afrika yl gesaai. Die meeste het die heersende politieke korrektheid en kulturele marxisme volledig omhels. Wat jy saai, sal jy maai. Tot dusver het ons die meeste onder die revolusie gely, met plaasmoorde, taaldiskriminasie en antiwit rassisme. Justin Cartwright en sy vriende in Kaapstad, Durban en Johannesburg se beurt kom nou.

Deur die geskiedenis is Afrikaners nog altyd as kanonvoer deur die Engelse gebruik. Ons was dom genoeg om in 1994 ons land op ‘n skinkbord weg te gee aan ‘n klomp rampokkers wat dit wou plunder. Laat ons nie so dom wees om, noudat hulle op die punt staan om hul deel van die buit te verloor, dit nog vir hulle te probeer terugwen nie.

Tree in die belang van ons mense op: wees polities apaties. Maar bly veg vir ons taal en kultuur.

Geseënde Kersfees en alles wat mooi is.

Met vriendelike groete,

Dan Roodt

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.