Drie bruin mans in hegtenis geneem in twee afsonderlike voorvalle van moord en verkragting in onderskeidelik De Aar en Britstown.
Kol. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die polisie in Sunrise in De Aar het twee agtienjariges vasgevat nadat ‘n man in die vroeë oggendure in ‘n sjebien doodgesteek is Saterdag.
“Die verdagtes het na bewering ‘n hewige argument met die oorledene gehad, wat tot die mesaanval gelei het. Hy is in die bors en skouer met ‘n mes gesteek. Die verdagtes sal vandag op aanklag van moord in die hof in De Aar verskyn.”
Die polisie in Britstown het ‘n man (30) aangekeer nadat ‘n vrou (29) Saterdagoggend na bewering verkrag is nadat sy ‘n saamrygeleentheid aanvaar het.
Die verdagte het na bewering stilgehou en die vrou verkrag. Die verdagte sal vandag in die hof in Britstown verskyn.