Spertyd vir SAL-ooreenkoms verstryk vandag

Deel op

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens se spertyd vir ‘n ooreenkoms met Airbus om vyf vliegtuie te huur, verstryk vandag, het RSG berig.

Meer as 600 miljoen rand sal teen vandag betaal moet word tensy die Tesourie en SAL ‘n ooreenkoms kan bereik oor die kontrak.

Vroeër is berig dat die Europese vliegtuigvervaardiger bereid is om voort te gaan met ‘n ooreenkoms wat deur die regering goedgekeur is om vyf A330-vliegtuie aan die Suid-Afrikaanse Lugdiens te verhuur.

Die afgedankte minister van Finansies, Nhlanhla Nene het ‘n ruiltransaksie beding waarvolgens die SAL nie die vliegtuie hoef te koop nie.

Die voorsitter van die SAL-raad, Dudu Myeni het egter probeer om die ooreenkoms te heronderhandel ten spyte van teenkanting van die Tesourie.

Die Lugdiens moet teen vandag ‘n regsbindende ooreenkomsbrief aan die maatskappy stuur om die huurooreenkoms te verseker.

Alle oë is op die heraangestelde minister van Finansies, Pravin Gordhan om te sien of hy Nene se standpunt gaan handhaaf.

Nene het Myeni op 3 Desember beveel om voort te gaan met die ooreenkoms, maar hy is ses dae later afgedank.

Volgens ‘n SAL-memorandum kan die redery nie dié duur uitgawe bekostig nie.

Deur die vyf A330-200-langafstandvliegtuie te huur sal die redery miljarde rande bespaar.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.