Antraks breek weer in Zim uit

Deel op

Die gevreesde miltsiekte het weer in Zimababwe uitgebreek. Die distrik wat geraak word is Umzingwane in die suide van die land.

Inwoners in dié droë distrik in die suide is aangesê om hul vee te ent na 36 mense siek geword het met miltsiekte, het die staatsmedia die naweek berig. Hulle het vermoedelik aan besmette diere geraak.

Ten minste 25 beeste het gevrek, het die amptelike koerant die Chronicle berig, maar geen mense is nog dood daaraan nie.

In ‘n poging om die dodelike siekte te bekamp, is die distrik se diere onder kwaratyn geplaas.

Mense kan miltsiekte opdoen deur die eet van besmette vleis, die spore in te asem of deur kontak met besmette diere.

Die meeste van die gevalle is van ‘n enkele stat hoewel gevalle aangemeld is in ‘n totaal van agt statte.

Die inwoners ontvang mediese behandeling en plaaslike verpleegsters word glo opgelei om die siekte te behandel, het die koerant gesê.

Die plaaslike hoofman het ‘n beroep op die owerhede gedoen om entstowwe vir die beeste beskikbaar te stel.

Hoof Gwebu het bygevoeg: “Ons is nou in die plantseisoen en beeste word hoofsaaklik gebruik as trekdiere vir ploeg. Ons doen ‘n beroep op die regering om in te gryp, sodat ons nie meer beeste verloor nie.”

Miltsiekte kom van tyd tot tyd in Zimbabwe voor.

In Januarie, is 10 mense behandel wat besmette vleis geëet het. Die vookoms van antraks in die Mana Pools Nasionale Park in 2012 het ten minste 165 wilde diere, insluitend 88 seekoeie laat vrek.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.