Rwanda stem oor derde termyn vir president

Deel op

Rwandese in die buiteland het die week gestem in ’n referendum om die grondwet te verander en pres. Paul Kagame toe te laat om tot 2034 aan bewind te bly.

In Rwanda self, vind die referendum vandag plaas.

Die grondwetlike verandering, wat vroeër die maand deur die parlement aanvaar is, verkort die president se termyn tot vyf jaar met ’n twee termyn beperking, maar maak ’n uitsondering vir Kagame.

Dit sal hom toelaat om vir ’n derde termyn van sewe jaar in 2017 te staan en maak ook voorsiening dat hy daarna vir ’n verdere twee termyne van vyf jaar elk in aanmerking kom.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.