Brasilië hou opmars om president te beskerm

Deel op

Ondersteuners van die beleërde pres. Dilma Rousseff het Woensdag van oor die hele Brasilië opgemars om te protesteer teen wat hulle as ’n “staatsgreep” beskou wat daarop gemik is om haar tot ’n val te bring.

Die linkse leier kan moontlik in ’n staat van beskuldiging gestel word, het AFP berig.

“Daar sal geen staatsgreep wees nie!” het duisende betogers in Sao Paulo geskree, waarvan die meeste in die rooi hemde van Rousseff se Werkers­party (PT) geklee was.

Pro-regeringsbyeenkomste, wat hoofsaaklik deur Brasilië se magtige vakbonde gereël is, is ook in ander stede insluitende Rio de Janeiro en die hoofstad, Brasilia, gehou.

Enige sprake van ’n staatsgreep bring Brasilië se militêre diktator­skap van 1964 tot 1985 in herinnering. Rousseff, ’n voormalige linkse guerrilla­-stryder, was destyds vir twee jaar in aanhouding en is gemartel.

Woensdag se betogings was die eerste sedert die laerhuis van die Brasiliaanse parlement se speaker, Eduardo Cunha, op 2 Desember ’n versoek van die opposisie aanvaar het om Rousseff in ’n staat van beskul­diging te stel.

Die president word van “begrotings-maneuvers” beskuldig, wat volgens haar deur vorige regerings aanvaar is. Haar opponente meen egter dit is onwettig.

Brasilië is deel van BRICS.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.