Paramedici waag hul lewens in New Brighton-lokasie

Deel op

New Brighton-lokasie, die oudste en grootste swart gebied van Port Elisabeth, het ontoeganklik geraak vir paramedici weens aanvalle.

Noodpersoneel wat in New Brighton werk, het die teiken van misdadigers geword.

Hulle word gereeld aangeval, met klippe bestook en deur gewapende aanvallers beroof.

Meer as 21 voorvalle is sedert verlede jaar aangemeld waar paramedici slagoffers van geweld geword het.

Nelson Mandelabaai se nooddienste moet tans deur die polisie begelei word sodat hulle hulle werk kan doen.

Die noodddienste het dié week ‘n optog gehou om hul benarde situasie te belig.

Alhoewel personeel sê hulle sal voortgaan om die gemeenskap te dien, is dit duidelik dat daar nie genoeg polisielede is om elke ambulans te vergesel nie.

Een van die nooddienswerkers, Daniel Vywers, het al vier aanvalle beleef. Hy het gepleit dat sulke misdade tot ‘n einde moet kom.

“Ons het ingegaan en skielik was daar twee ouens by die venster met gewere en hulle het ons van alles beroof. Hulle het gesê as ons dit doen as hulle sê, sal hulle ons nie seermaak nie. Jy dink van jou familie en jy doen wat jy aangesê is,” sê Vywers.

New Brighton is die tuiste van meer as 50 000 mense, maar dringende mediese hulp het ‘n groot probleem geraak.

“Ons moet nou die polisie vra om ons te begelei in die gebied en dit raak dan ons reaksietyd,” sê ‘n woordvoerder van die Oos-Kaapse Departement van Gesondheid, Siyanda Manana.

Paramedici word deur die wet verbied om vuurwapens te dra en dit is ook te duur om sekuriteit vir elke ambulans te verskaf.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.