Tornado verniel Sydney

Deel op

’n Tornado het Sydney Woensdagoggend getref en groot skade aangerig.

Vernietigende winde van tot 200 kilometer per uur en hael so groot soos krieketballe het bome en kragpale laat omval, dakke afgeruk en mure ineen laat stort.

Verskeie internasionale en binnelandse vlugte moes na ander stede herlei word.

’n Winkelsentrum in Sydney se oostelike voorstede is ontruim nadat ’n deel van die dak weens die storm ineengestort het.

Nagenoeg 6 000 huise in die suidelike deel van die stad was sonder elektrisiteit en die nooddienste het meer as 200 oproepe om hulp ontvang.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.