Poolse geologie-deskundiges het Dinsdag gesê hulle kon geen teken vind op die plek waar ’n Nazi-trein glo gedurende die Tweede Wêreldoorlog versteek is nie.
Volgens plaaslike oorleweringe is dié trein vol goud in ’n geheime tonnel in die omgewing versteek toe die Nazi’s in 1945 voor die Russiese weermag gevlug het, het AP berig.
Deskundiges van die universiteit van wetenskap en tegnologie in Krakow het die gebied in Walbrzych, in die suidweste van Pole, verlede maand met magnetiese en gravitasie-toerusting ondersoek, maar niks gevind nie.
Die hoof van die ondersoekspan, Janusz Madej, het op ’n nuuskonferensie gesê daar mag wel ’n tonnel wees, maar geen trein nie.