Trump vermorsel Jeb Bush met Bin Laden-onthulling

Deel op

Die voormalige goewerneur van Florida, Jeb Bush, het Dinsdag vir oulaas tevergeefs probeer om die Republikeinse voorloper in die presidentsnominasiestryd, Donald Trump, in ’n regstreekse televisiedebat aan te vat, het Reuters berig.

Die meeste ander aanspraakmakers op die nominasie was egter katvoet vir die vurige miljardêr. Hul versigtigheid was ’n erkenning van Trump se vermoë om aanvalle te weerstaan en sy man te staan.

Verlede week het Trump skokgolwe deur die Republikeinse kamp gestuur met sy voorstel om alle Moslems te verbied om Amerika binne te kom.

Sy teenstanders het hom hieroor gepak, net om agter te kom baie Republikeine deel Trump se sentiment en sy gewildheid in meningsopnames het toegeneem.

Al was Bush genadeloos in sy aanslag op Trump, was dit waarskynlik te min te laat om sy sukkelende veldtog te red.

“Donald is goed met een-sin-aanhalings, maar hy is chaos as ’n kandidaat en sal ’n chaotiese president wees,” het die 62-jarige Bush gesê.

Trump (69) het teruggekap: “O ja, en jy is ’n sterk ou wat in die meningspeilings in gewildheid afneem.”

Trump het ook onthul dat die Bush-gesin toegesien het dat Osama bin Laden se hele familie uit die VSA gesmokkel word, direk na 9/11 toe alle lugverkeer gestrand was.

Dit het die FBI se ondersoek in die wiele gery omdat hulle nie sleutelgetuies kon ondervra oor die grootste terreuraanslag in die VSA nie.

Trump het ook gerugte dat hy as onafhanklike kandidaat sou staan indien hy nie die Republikeinse party se nominasie kry nie, die nek ingeslaan.

“Ek is totaal verbind tot die Republikeinse party en voel geëerd om die voorloper te wees,” het Trump gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.