Aanval op Franse onderwyser as terreurdaad bestempel

Deel op

‘n Kleuterskoolonderwyser naby Parys, Frankryk met ‘n mes aangeval deur ‘n man wat beweer dat hy namens die Islamitiese Staat (ISIS) optree.

Die voorval het Maandagoggend op die skoolgronde van ‘n skool in Aubervilliers, in die buitewyke van Parys, gebeur, het Reuters berig.

Volgens wetstoepassers het die verdagte die onderwyser in sy nek gesteek en gesê die aanval is ‘n gebaar van ISIS.

“Dit is Daesh. Hierdie is ‘n waarskuwing,” het die man in ‘n klapmus glo aan sy slagoffer gesê voordat hy gevlug het. Daesh is die Arabiese naam vir ISIS.

Die onderwyser is nie ernstig beseer nie, maar hy is in die hospitaal opgeneem.

Die voorval volg ‘n maand nadat 130 mense in ‘n veelvuldige gekoördineerde terreuraanval in Parys dood is.

Verlede week was daar ook ‘n mesaanval by ‘n Londense moltreinstasie wat deur die polisie as ‘n terreuraanval bestempel is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.