Drie bejaardes slagoffers van swart aanvallers

Deel op

‘n Bejaarde inwoner van Hoopstad, Adri Maree (67), is Saterdagmiddag vir dood agtergelaat nadat sy in haar motorhuis deur swartes oorval is.

Sy is eers Sondagoggend deur ‘n kennis ontdek en is na ‘n hospitaal in Bloemfontein gehaas.

Maree het veelvuldige kopbeserings opgedoen, en haar gesig is erg vermink. Sy verkeer tans onder swaar verdowing.

Nog twee bejaardes, Thomas Gardiner (76), en Rina Langenhoven (67) het ook onder swart aanvallers deurgeloop. Langenhoven van Haenertsburg in Limpopo het nie die aanval oorleef nie.

Langenhoven se drie swart aanvallers wat haar op Sweet Mist Farm doodgemartel het, is intussen aangekeer. Een was voorheen in haar diens.

Gardiner is Sondagaand in sy huis in Doorn, Welkom, deur swartes aangeval, maar kon die polisie ontbied voordat hy doodgemaak is.

Sy aanvallers het hom met ‘n tuinvurk aangerand en ernstig beseer voordat die polisie opgedaag het.

Die swartes het daarna op die vlug geslaan met die slagoffer se selfoon en beursie.

Gardiner word tans in die hospitaal in Welkom behandel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.