Gambië nou ‘n Islamitiese staat

Deel op

President Yahya Jammeh het verklaar dat Gambië ‘n “Islamitiese staat” geword het, maar Kersfees bly.

“President Yahya Jammeh se uitspraak of verklaring is ongrondwetlik, dit bevat geen grondwetlike basis nie en… dit is ‘n onwettige verklaring,” het Ousainou Darboe, die sekretaris-generaal van die vernaamste opposisieparty, die United Democratic Party, aan AFP gesê.

“Dit is steeds belaglik dat wanneer hy die openbare aandag wil aflei van wat gebeur in die land, hy kolonialisme aanval,” het Darboe gesê.

Die verarmde voormalige Britse kolonie, binne Senegal, is bekend vir sy wit sand strande. Gambië het ‘n bevolking van byna twee miljoen waarvan 90 persent Moslem is.

Van die oorblywende agt persent is Christen en twee persent is gedefinieer as inheemse oortuigings.

In 2013, het Jammeh onttrek uit die Statebond, en gesê die liggaam verteenwoordig “‘n verlenging van kolonialisme”.

“Gambië se lot is nou in die hande van die Almagtige Allah. Van vandag af, is Gambië ‘n Islamitiese staat. Ons sal ‘n Islamitiese staat wees wat die regte van burgers respekteer,” is hy aangehaal op die presidensiële webwerf.

In televisiebeeldmateriaal van die toespraak op GRTV, wat deur AFP Saterdag gesien is, het die president egter nie in detail uitgebrei oor wat die verandering sal beteken vir die land nie, maar het Christene gerusgestel.

“Kersfees sal voortgaan,” het hy gesê en bygevoeg dat hy nie Islamitiese polisie sal aanstel nie.

Jammeh, 50, is ‘n militêre offisier en voormalige stoeier met ‘n plattelandse agtergrond. Hy het tot dusver die land regeer met ‘n ystervuis, nadat hy mbv ‘n staatsgreep in 1994 aan bewind gekom het.

Teenstanders sê hy het al hoe meer paranoïes geword, skommel gereeld sy ministers en laat slegs ‘n klein aantal betroubare bondgenote naby hom toe.

Hy vaar gereeld uit teen Gambië se koloniale verlede en gee dit die skuld vir baie van die land se ellende.

In Maart 2014, het Jammeh aangekondig dat Gambië Engels as amptelike taal sal laat vaar, maar nie aangedui watter van die inheemse tale Engels sal vervang nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.