Karel Combrinck: Werfbobbejane

Deel op

Om aan te sluit by die stuk oor Volksmoord en terrorisme op Praag van 10 Desember.

Vir liberaal in die sin van vry wees om te dink, te sê en te doen, is veel te sê. Die geskiedenis van die mensdom is een lang ononderbroke vryheidstryd : Vryheid van slawerny, vryheid van imperialismes, vryheid van ‘n beklemmende, uitmergelende en magsugtige kerk. Daarom is dit des te meer tragies dat in hierdie 20ste en 21ste eeu die mens hom willens en wetens oorlewer aan die slawerny van allerlei ideologiese absolutismes, die ergste waarvan miskien is die linksliberale despotisme wat die afgelope dekades in die Weste vaardig is. Die kwalifikasietjie “links” plaas op die begrip liberaal ‘n heel ander perspektief en laat ons neig in die rigting van inderdaad die teendeel van liberaal, nl. diktatuur en dwingelandy.

In Westerse lande is daar vandag nie meer werklik sprake van liberale regerings nie. So te sê almal is linksliberaal met batterye van beperkende en dwingende maatreëls en kodes en wette wat mense wil kondisioneer en hulle vryheid van spraak en denke aan bande wil lê. Onder die dekmantel van linksgelaaide brabbeltaal soos “haatspraak” bestaan daar krasse wette oor wat ‘n mens oor wie mag sê, of liewer nie mag sê nie. Van vryheid van spraak is daar dus maar net in hoogs beperkte mate sprake. In Frankryk is daar teen Franse nasionaliste vervolgings, boetes en, skorsings om as kandidaat in verkiesings deel te neem, dus teen mense wat dit durf waag om bv. te sê dat Frankryk deur Moslems ingeneem of  beset  word. Het George Orwell nie dekades gelede die begrip “Thought police” ontwikkel nie?

In Amerika, wat veronderstel is om die mees vrye land ter wêreld te wees, word kinders met busse van bakboord na stuurboord gekarwei ten einde hulle te dwing om met swartes saamgehok te wees. Van watter vryheid kan daar sprake wees as ‘n mens nie meer die reg het om te besluit waar en hoe en hoe jou kinders opgevoed word nie?

Wêreldwyd is die media-instrumente van sensuur wat diegene wat nie bloot napraat nie, die mond snoer. Watter kanse is daar om in die New York Times of Le Monde of Die Burger ‘n sienswyse te belig wat nie in die linksliberale dwangbuis pas nie? Inteendeel is die media grootliks die bewakers van linkse ideologie wat dit as hulle roeping beskou om enigeen wat nie saampraat en napraat nie, te ostraseer en te verguis. Hemel sy dank is daar vandag die internet wat tot ons redding kom voor die ewigdurende polêre duisternis van breinlose konformisme op ons toesak, benouend en saai.

En dit bring ons by daardie mekka van linksliberale dwangpolitiek, die Rommelrepubliek: Dwang om mense van bepaalde rasse in diens te neem en kwotas vir die persentasies van jou werkers wat wit mag wees, dws min of meer geen. Voorskrifte oor wie bevorderings mag kry op grond van hulle rasseklassifikasie. Voorskrifte oor wie waar moet skoolgaan en in watter taal hy onderrrig mag word. Voorskrifte oor in watter taal aan ‘n universiteit gedoseer moet word, wie in universiteitsposte aangestel mag word, watter taal in ‘n koshuis gepraat mag word. Voorskrifte en vereistes oor die samestelling van sportspanne, behalwe as ‘n span reeds volledig swart is. Dan mag hy maar swart bly. ‘n Onlangse berig dui daarop dat die rommelregering ‘n einde wil maak aan « apartheidgeïnspireerde » woonbuurtes, behuisingskomplekse en aftreeoorde.

En nou net pas weer: ‘n Nuwe gesondheidsversekeringstelsel met voorskrifte oor die mediese sorgversekering waaraan jy mag behoort, voorskrifte oor hoeveel jy moet betaal, wie moet betaal (raai wie) en wie nie hoef te betaal nie (raai weer wie), voorskrifte oor watter dokter jy moet raadpleeg en in watter hospitaal jy behandel (of mishandel) moet word. En dit alles dra die slaafse goedkeuring weg van die klas van linksliberale Afrikanerintellektuele, akademici en meningsvormers wat in ons samelewing die morele septer swaai. Hoe lank gaan dit nog wees voordat hulle aan ons begin voorskryf met wie jy mag trou of saamleef en wat jy in jou slaapkamer mag doen of nie doen nie?

En hoe kan dit juis anders met die gehalte van linksliberale akademici aan ons universiteite en die sg. “meningsvormers” van Die Burger, Beeld ens. wat die morele en ideologiese septer swaai in ons samelewing? Wim de Villiers se viserektore, Leopoldt van Huyssteen, Arnold Schoonwinkel, Eugene Cloete en Nico Koopmans sit soos vier sirkusbobbejane op ‘n stok en beaam maar net skril sketterend wat hulle meester hulle voorsê: “Transformeer! Transformeer! Transformeer!” Sou hulle ook in hulle studentedae al deur die Broederbond uitverkore gewees het om eendag in posisies van “leierskap”, eintlik napratery, te wees? Dis mense wat van beter behoort te weet, wat rigting moet aandui, wat die lig op die pad van ons gewone sterflinge moet wees maar wat instede daarvan ons net nog verder die verderf in lei, deels omdat hulle gedwing word en deels omdat hulle voel dis “die regte ding om te doen”. Natuurlik sal hulle hulle ruggraatlose onderdanigheid probeer vergoelik met linkse slagspreuke. Die vier akademiese primate van die linksliberale apokalips.

Die pasafgelope verkiesing in Frankryk toon duidelik dat minstens daar ‘n groot gedeelte van die publiek immuun raak teen die afgesaagde formules van die linkse media en politici. Wat ‘n welkome kentering en verfrissende nuwigheid. Maar daar is nog ‘n lang pad om te loop.

Alles lei op die ou einde na die werklike maghebbers aan die bopunt: die wêreldoligargie van groot kapitaal wat net nooit sal duld dat hulle belange bedreig word deur mense met ander sienswyses as dié wat hulle voorskryf nie. Minstens dít het Karl Marx ons geleer.

In sy ergste vorm word die gedienstigheid aan dwangbuispolitiek mettertyd ‘n perversiteit of obsessie, of inderwaarheid ‘n patologie. Mense soos Amanda Gouws of Piet Croucamp of Gerrit Olivier is so verstrengel in linksliberale denkbeelde, so verstar en so gekondisioneer dat hulle net nie meer sin maak nie. As ‘n mens dermate van jou intellektuele vryheid afstand doen, dan funksioneer jy nie meer normaal nie. Dan  word dit ‘n siektetoestand. In films en ander fiksie word sulkes dikwels as « zombies » beskryf.

Pas het skrywer vir die eerste keer geluister na ‘n opname van ‘n gesprek met Piet Croucamp en was verslae oor die absolute rioolvlak van sy betoog. Is dit hoe die nuwe Afrikaanse intellektueel lyk ? Neweprodukte van FW De Klerk en Nelson Mandela se rommelrewolusie. Met sulke « intellektuele » teenwoordig is dit geen wonder nie dinge word by die dag net erger en erger.

Linksliberale akademici van die Universiteit van stellenbosch aan't werk
Linksliberale akademici van die Universiteit van stellenbosch aan’t werk

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.