Merkel belowe dat Moslems Duitse identiteit sal aanneem

Deel op

Angela Merkel, Duitse kanselier, moes Maandag terugkrabbel oor immigrasie om haar posisie te behou as voorsitter van die CDU by die party se jaarvergadering in Karlsruhe.

Die kanselier het sogenaamde asielsoekers aangemoedig om te integreer. Binne die eerste tien minute van haar toespraak wat 70 minute geduur het, het sy die kwessie van vlugtelinge aangespreek.

Sy het die teenkanting teen haar oopgrens-beleid goed afgeweer deur te verklaar dat multikulti ‘n leuen is omdat dit lei na parallel-gemeenskappe.

Kritici beskuldig Merkel dat sy verantwoordelik is vir die vlugtelingkrisis deur grense vir migrante oop te stel.

“Ons wil en sal die aantal vlugtelinge merkbaar verminder,” het sy belowe. Sy het gesê dit is in die belang van Duitsland, Europa en ook in die belang van migrante.

Sy het ook verklaar dat regse populisme geen kans staan in Duitsland nie omdat Moslems aangemoedig sal word om Duits te leer, Duitse wette na te kom en die “Duitse identiteit aan te neem”.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.