Prof. Pieter Kapp (76), gedugte taalstryder en emeritus-hoogleraar in geskiedenis aan die Universiteit Stellenbosch is Sondagoggend in die hospitaal in Somerset-Wes oorlede.
Kapp, gewese president van die universiteit se konvokasie, is verlede week geopereer maar het weens bloeding op die brein in ‘n koma verval.
Kapp het homself as president van die konvokasie tot 2011, onvermoeid vir die bevordering van Afrikaans as akademiese en onderrigtaal beywer.
Kapp was ook lid van die beheerraad van die Hugenotevereniging van Suid-Afrika.
Sy boek Nalatenskappe Sonder Einde – Die Verhaal van Jannie Marais en die Marais-broers is onlangs bekend gestel.
Die begrafnisreëlings is nog nie bekend nie.