Dan Roodt: Leopold Scholtz die antifa ontdek ‘regse gevaar’ in Frankryk

Deel op

Leopold Scholtz is, soos Kallie Kriel van Soliforum en ‘n paar ander, bekend as ‘n “anti-rassistiese” stryder. Die hele Westerse kultuur is deurdrenk van rassisme en “die patriargie”, dus besoedel hulle hul nie graag daarmee nie. Dit lei dan logies tot die volgende: hoe minder jy van Westerse kultuur (tale, filosofie, musiek, opera, kuns, geskiedenis ens.) af weet, hoe beter. Onkunde is die hoogste vorm van anti-rassisme. Dit spreek byna vanself.

Scholtz skuim gereeld om die mond as hy op sy interlokuteurs gil: “rassis, fascis, Nazi!” “Interlokuteur” is eintlik ‘n Franse leenwoord, maar omdat die kleurlingmarxis, prof. Hein Willemse, dit gereeld gebruik, het dit al tot ‘n stukkie “Kaaps” gevorder wat ‘n mens mag gebruik. Dis toelaatbaar, amper polities korrek, kan ‘n mens maar sê. Verbasend genoeg gebruik Scholtz, in ‘n artikel oor vandag se Franse streeksverkiesings, nie ‘n enkele keer die terme “rassis”, “fascis” of “Nazi” in verband met Marine Le Pen nie. Miskien het hy vergeet. Darem herhaal hy die woord “regs” in elkeen van die eerste twee paragrawe.

Vir ‘n veteraan-antifa soos Leopold Scholtz is dit werklik vreemd. Maar miskien herstel hy nog van die Duitse polisie se traanrook en waterkanonne wat hulle op hom gebruik het toe hy en sy mede-antifa’s (anti-fasciste) gister in Leipzig teen “neo-Nazi’s” betoog het en onluste gepleeg het. Leopold Scholtz is ‘n opperste klipgooier en onlusmaker wat soos ‘n berserker klaskamers en lesingsale kan afbrand as hy die dag lus het; vandaar sy aangetrokkenheid tot antifa. Veral Duitse antifa, want dit is meer gewelddadig. Boonop het Karl Marx en Friedrich Engels mos in Duits geskryf. Al is jy ‘n eurofoob wat die Weste verafsku, mag jy maar Marx en Engels lees want hulle en hul volgelinge het self die ondergang van die Westerse beskawing bepleit.

Leopold Scholtz woon in Delft, Nederland, van waar hy gereeld met ‘n motorfietshelm en ‘n knuppel saam met sy mede-antifa’s die “regse gevaar” met geweld gaan bestry. Só het dit gister in Leipzig gelyk nadat ‘n duisend antifa’s slaags geraak het met tweehonderd betogers wat hulle teen die toestroming van migrante na hul land wou uitspreek.

Leipzig is binne trefafstand van Delft. Maar Scholtz waarsku ook gereeld die hele kleuterskool wat ademloos na KykNET se linkse juffrouens luister oor die “regse gevaar”, soos in dié video wat ‘n koninklike aantal van 38 kyke op YouTube onvang het.

Ná dié gratis advertensie op PRAAG gaan die getal kyke seker die hoogte inskiet, maar anders as Scholtz en sy trawante glo ons in sulke “regse” eurosentriese begrippe soos “die oop gesprek” en spraakvryheid. Van Wyk Louw, wat die term “oop gesprek” gemunt het, was volgens die Stellenbosser Gerrit Olivier juis om dié rede ‘n Nazi, iets waarmee Scholtz die antifa geredelik sou saamstem.

Kennelik weet Leopold die linkse knuppelswaaier net van een lid van die Front National, en dit is Marine Le Pen self. Die bestaan van die onderleier en strateeg, Florian Philippot, asook die gewilde lid van die Nasionale Vergadering vir Vaucluse, Marion Maréchal-Le Pen, verkeer iewers buite sy tonnelvisie. Dan praat ‘n mens nie eens van Louis Aliot, Philippe Loiseau en Sophie Montel wat óók elkeen die meeste stemme in hul onderskeie streke tydens verlede Sondag se eerste rondte behaal het nie. ‘n Sewende kandidaat, Nicolas Bay, het in Normandië min of meer gelykop met die sentrum-regse kandidaat geëindig.  Scholtz se Engelse koerant wat hom daar op Delft “ingelig” hou, neem nie kennis van sulke twyfelagtige figure op die “diep platteland” van Frankryk nie. Onthou u nog daardie uitdrukking, “diep platteland”? Dis ‘n term waarmee die Afrikanerkieser in vorige dekades deur die plaaslike Engelse koerante beledig is.

Scholtz skryf:

“Vir vandag se tweede ronde het die Sosialiste hulle aan die verkiesing in drie streke onttrek en gaan met die konserwatiewe kragte saamsnoer om die FN te beveg. Peilings wys egter die FN kan in dié streke selfs teen die gekombineerde kragte van die konserwatiewe en die Sosialiste die pyp rook.”

Die uitdrukking “pyp rook” hier vind ek nogal vreemd: óf dit wys heen na die dagga wat Scholtz die antifa en oud-hippie daar in sy Hollandse “koffie”-kroeg rook, óf dit herinner aan die loodpyp in sy mou waarmee hy die arme Duitsers wat oor hul heimat bekommerd is daar in Leipzig toegetakel het. Feit is egter dat daar ‘n paar nuanses en feite in sy relaas makeer. Ten eerste het die Sosialiste hulle slegs in twee streke onttrek. In die derde streek, Elsas-Lotaringe-Sjampanje-Ardenne waar Philippot die FN-kandidaat is, het die Sosialistiese kandidaat, Jean-Pierre Masseret, geweier om hom te onttrek, ondanks die opdragte van die Sosialistiese politburo in Parys. Dus vind daar vandag net twee “tweestryde”, of duels soos die Franse dit noem, plaas: dié in Nord-Pas de Calais-Picardie waar Marine Le Pen kandidaat is teen Xavier Betrand van die Republikeine, asook in PACA (Provence-Alpes-Côte d’Azur) waar Marion Maréchal-Le Pen teen Christian Estrosi te staan kom.

Marion Maréchal-Le Pen
Marion Maréchal-Le Pen, FN-kandidaat in PACA

Dit lyk nie asof Leopold die antifa enige onlangse meningspeiling in Frankryk geraadpleeg het nie, want daar was ten minste drie oor die afgelope paar dae, wat almal voorspel dat die sentrum-regse Republikeine net-net teen die dames Le Pen gaan wen. Woensdagaand het ‘n meningspeiling deur TNS-Sofres vir Le Figaro et LCI voorspel dat Xavier Bertrand met 53% teenoor Marine Le Pen se 47% gaan wen. Dieselfde meningspeiling meen dat Christian Estrosi met 54% teenoor 46% oor die 25-jarige Maréchal-Le Pen gaan seëvier. Kort voor sesuur Vrydagaand – waarna geen meningspeilings of veldtogte meer gevoer mag word kragtens Franse wetgewing nie – het ‘n ander meningspeiling vir die koerante La Provence, Nice-Matin en Var-Matin weliswaar die gaping tussen Estrosi en Maréchal-Le Pen as veel kleiner beskryf, naamlik 51% teenoor 49%.

Anders as wat Leopold Scholtz die antifa-propagandis van Delft beweer, betree die FN-kandidate dus vandag se verkiesing as buiteperde. Maar enigiets is seker moontlik, want die FN se kiesers is gretiger om te stem as die ander. Omdat hulle ook jonger is, is hulle meer verbind op sosiale media waar hulle mekaar aanspoor om vir Marine Le Pen en haar span te gaan stem “om Frankryk van sosialisme te bevry”. Marine Le Pen beskik oor 822 000 volgelinge op Twitter, teenoor haar opponent se 64 000. Indien sosiale media dus die deurslag in ‘n verkiesing kan gee, kan dit dalk net die knoop vir die Front National deurhaak.

Leopold Scholtz beskou die FN as ‘n gevaar vir Europa. Maar is hy nie eerder ‘n bedreiging vir Europa nie, iemand wat die ANC-SAKP se eertydse terreur in Suid-Afrika al jare lank goedpraat, benewens sy renons in alles wat blank, Europees en veral Frans is?

Die uitslae sal vanaf nege-uur Suid-Afrikaanse tyd vanaand begin bekendraak soos wat die uitgangmeningsopnames en wiskundige skattings deur die media gepubliseer word. Volg my op op Twitter waar ek ook die uitslae sal twiet by @danroodt.

Ten slotte, en spesiaal vir Leopold Scholtz en sy mede-antifa’s, hier is nog ‘n nommertjie van die Franse groep Les Brigandes, juis oor die antifa’s, met Duitse onderskrifte en ‘n Engelse vertaling hier onder sodat selfs hy dit kan verstaan. (Die vertaling is vanaf Les Brigandes se webblad, in minder as puristiese Engels.)

I saw an old man over the counter in a supermarket,
He was called a bastard by a barking Arab woman.
When the Antifa was coming in,
The Antifa has screamed:
“Police!”
“This is an old Pétainist!”

A young girl reading the Bible in the train,
Young Non-Europeans started their nasty games with her.
If the Antifa had been there
Then it would be sure that they have witnessed…
In the face of the police…
That she was a provocateur!

A little boy sang an old song.
Non-violent Rastas have massacred him, just like he stand there.
The Antifa had put him on the list…
The list of anti-globalist suspects.
He had sung: “Auprès de ma blonde”…
What an evil Nazi!

That was before the time of the “Don’t insult my buddy.”.
But such a buddy set me the blade to my throat.
If the Antifa would have been established at this time…
Then, the psychologist had demonstrated
That the fear of the unknown was the evidence of…
The racist syndrome.

[Nota: Die sinsnede in Franse sleng, “touche pas à mon pôte” (moenie aan my gabba vat nie) is die naam van ‘n anti-rassistiese organisasie in Frankryk wat deur Harlem Désir in die tagtigerjare gestig is, met miljoene wat hy in die geheim van die Sosialistiese regering ontvang het. – DR]

I say, you have to send Manuel Valls…
At night…
In an area in which he has never walked in.
Without a bodyguard, without the police
And if he can escape the harassment…
Then he can say to the media:
“Inshallah!”

And when the rabble is going to rape you in the evening.
Take an iron bar and use it to save your skin.
But if one of them is lying on the ground.
Then the judge will say that it is a conspiracy.
The newspapers will read x3:
“This was done by a fascist!”

Going to eat a falafel in the Rue des Rosiers,
I put on my kippah and my turban in the market.
The Antifa will not miss you,
When you look like a Gaul.
And if you eat quenelles with fries:
“Anti-semite!”

If you do this, or if you…
Say that,
If you even think it…
Then that’s already too much.
If you say a word they don’t like…
Then you will have to deal with the Antifa.
For the Trotskyist GPU…
You are a fascist.

They put millions there…
In hell for this reason.
For them it is a fixed idea…
A method of terrorism.
When I dispute, when I resist
Then I find myself on the list:
“I am a fascist!”

And if you don’t think… how you have to…
Then you’re a fascist.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.