Vrystaat oorhandig ses luukse sedans aan tradisionele leiers

Deel op

Premier Ace Magashule van die Vrystaat het ses splinternuwe Mercedes-Benzes aan tradisionele leiers in sy provinsie oorhandig.

Volgens DA-lid van die Nasionale Raad van Provinsies Roy Jankielsohn, kon die R3,2 miljoen wat bestee is aan die motors ​​slagoffers van droogte gehelp het.

“In ‘n tyd waar die Vrystaat ly onder die juk van die ergste droogte in dekades, ‘n steeds stygende waterkrisis en verlammende werkloosheid, het Premier Magashule besluit om luukse Duitse sedans te koop in ‘n poging om landelike stemme te verseker vir die ANC volgende jaar,” het hy in ‘n verklaring gesê.

Jankielsohn het gesê hy is teleurgesteld dat tradisionele leiers in die provinsie hul verantwoordelikhede teenoor die mense wat “voortgaan om te ly in armoede en ontneming” versaak.

“Die DA doen ‘n beroep op die mense van die Vrystaat om die voortgesette misbruik van mag en openbare fondse deur die ANC en hul trawante te verwerp.”

Die premier se kantoor het gesê hulle sal reageer op ‘n later stadium.

Intussen, het die voorsitter van die Huis van Tradisionele Leiers, koning Lelika Moloi, bewerings verwerp dat die voertuie dien as ‘n geskenk om stemme vir die plaaslike verkiesings volgende jaar te werf.

“Dit is nie ‘n geskenk nie, maar ons reg en ons is dankbaar vir die motors,” het hy gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.