Inisiasieskooleienaar in Welkom van moord aangekla

Deel op

Die eienaar van ‘n inisiasieskool in Welkom en sy assistent sal na verwagting vandag in die plaaslike landdroshof verskyn nadat ‘n man by die skool dood is.

Polisiewoordvoerder in die Vrystaat, Stephen Thakeng, sê die twee mans is Woensdag in hegtenis geneem by Riebeeckstad nadat die polisie inligting ontvang het dat ‘n man by die skool dood is.

Thakeng sê die polisie was vinnig op die toneel.

Thakeng sê die 54-jarige eienaar van die skool en sy 45-jarige assistent word van moord en die oortreding van die wet op inisiasieskole aangekla.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.