Terroris van aanval op universiteit vas

Deel op

‘n Amerikaans-gebore Islamitiese rebel wat vermoedelik een van die aanhitsers was van die terreuraanval op die Garissa-universiteit in Kenia vroeër vanjaar, het homself die naweek aan die Somaliese weermag oorgegee.

Abdimalik Jones het onlangs weggebreek van al-Sjabaab om aan te sluit by vegters wat die Islamitiese Staat (ISIS) ondersteun, het dpa berig.

Somaliese soldate het hom gevind waar hy naby die hawestad Barawe in die Laer Shabelle-streek weggekruip het. Hy is beveel om homself oor te gee.

Sowat 148 mense, meestal studente, is dood toe al-Sjabaab-militante in April op die kampus in die noordooste van Kenia toegeslaan het.

Jones sal na Mogadisjoe geneem word waar hy verder ondersoek sal word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.