Griekse polisie skuif migrante na skermutselinge uitbreek

Deel op

Die Griekse polisie moes inderhaas Woensdag 2300 migrante wat gestrand was vir drie weke lank by die grens met Masedonië na Athene verskuif weens oplaaiende spanning. Die fortuinsoekers hoop op asiel in Noord-Europa.

Skermutselinge het uitgebreek, alhoewel nie op die skaal van die onlangse botsings tussen die polisie en die migrante nie, wat die owerhede genoop het om die toestand te probeer ontlont.

Die fortuinsoekers is meestal uit Pakistan, Marokko, Algerië en Somalië waar daar geen konflikte is nie.

Hulle is eers in tente gehuisves in ysige toestande naby die dorp van Idomeni.

Toue mense het saamgedrom om kos te ontvang, wat deur liefdadigheidsorganisasies beskikbaar gestel word, by die vlugtelingkamp naby die noordelike Griekse dorp.

Masedoniese owerhede laat net vlugtelinge uit Sirië, Afganistan en Irak toe om die grens na hul land oor te steek.

Die Griekse polisie sê ongeveer 1 400 migrante van ander nasionaliteite is op die Grieks-Masedoniese grens gestrand en slaap in skuilings wat deur welsynsorganisasies verskaf word.

Die verdinking van ‘n Siriese vrou en haar sewe kinders in die Egeïese See het intussen die nuus gehaal om anti-immigrasiesteun te probeer keer.

Dit is die jongste tragedie wat voorgehou word sodat medelye gewek kan word vir diesulkes wat poog om Griekeland vanaf Turkye te bereik.

Die vrou se man het die bootvaart oorleef. Die Asago-familie het blykbaar van die Islamitiese Staat gevlug. Sewentien mense het reeds vandeesweek naby Turkye verdrink.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.