Hittetoestande duur voort

Deel op

Baie warm en droë weerstoestande duur ongelukkig voort in groot dele van die Vrystaat en Noordwes die volgende week met ‘n geringe kans op reën teen volgende week.

‘n Weervoorspeller in die Bloemfonteinse weerkantoor, Sihle Kunene, sê ‘n hittegolf sal na verwagting tot môre in die suidelike deel van die Vrystaat woed, wat Wepener en Fauresmith insluit.

Die kwik gaan in dié gebied tot 37°C en hoër styg. Teen die naweek word koeler toestande in die suidelike deel van die Vrystaat en die Noord-Kaap verwag.

Kunene sê die kwik kan aansienlik met tussen 4°C en 5°C in die Noord-Kaap daal weens ‘n kouefront wat op pad is. Hy sê temperature kan in die res van die Vrystaat en Noordwes ietwat afneem, maar dit gaan steeds bloedig warm wees met bewolkte toestande die naweek.

Kunene sê geen reën word vir die sentrale deel van die Vrystaat dié naweek voorspel nie. Teen Woensdag is daar ‘n 30%-kans op reën vir die hele Vrystaat. Droogtetoestande duur voort.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.