Mynbou-vooruitsigte lyk bedroewend sê ontleder

Deel op

‘n Mynboukonsultant, Peter Major, sê die bedryf sukkel weens metaalpryse wat die afgelope 12 maande skerp gedaal het

Die Chinese aanvraag wat kwyn, het gesorg vir laer volumes van alle kommoditeite.

Major het aan RSG gesê 15 jaar gelede het mynbou 50% van Suid-Afrika se verdienste verteenwoordig, terwyl nié landbou óf toerisme tans kan instaan vir die verlies nie.

Sowel landbou as toerisme is aan die afneem en kan dus nie die inkomste genereer waarvoor mynbou gesorg het nie.

Mynbou-ontleders glo ook nie dat die sektor binnekort gaan herstel nie.

Dit volg nadat syfers deur Statistieke Suid-Afrika bekendgemaak is wat toon dat mynproduksie in Oktober vanjaar met sowat 5% gedaal het in vergelyking met ‘n jaar gelede.

Een van die wêreld se grootste mynmaatskappye – Anglo American – het ook drastiese herstruktureringsplanne aangekondig en gaan sy werkmag met 85.000 besnoei vanweë die skerp dalings in kommoditeitspryse.

Major het nie uitgebrei oor grondaansprake van die EFF nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.