Referendum gee dalk aan Kagame derde termyn

Deel op

Pres. Paul Kagame van Rwanda het die afgelope jare groot lof ingeoes vir die manier waarop hy sy land ná die volksmoord van 1994 weer opgebou het, het Reuters berig.

Amerika het nietemin verklaar dat hy ‘n voorbeeld moet stel in die streek, deur na afloop van sy tweede termyn as president die tuig in 2017 neer te lê.

Die debat oor ’n beperking van ampstermyne in Afrika woed oral op die kontinent voort.

In naburige Burundi het pres. Pierre Nkurunziza se verkiesing vir ’n derde termyn sterk opposisie uitgelok en die nasie in ’n krisis gedompel.

Kagame, wat vir die eerste keer in 2003 verkies is, het nog nie sy voornemens om vir ’n derde termyn verkiesbaar te wees, amptelik bekend gemaak nie, maar het gesê diegene wat wil hê hy moet aanbly, moet hom oortuig.

“Ek luister nog,” het hy senior amptenare van die regerende Rwanda ­Patriotic Front Sondag meegedeel. “Wat ook al julle van my verwag, sal gegrond wees op die uitslag van die referendum en gevolglik sal my antwoord eers ná die referendum kom.”

Na verwagting sal die kabinet eersdaags die datum van die referendum bekend maak. Dit kan moontlik nog dié maand plaasvind.

Ingevolge voorgestelde grondwetlike wysigings, wat deur die parlement goedgekeur is, en nou na die volk gaan vir stemming, sal Kagame toegelaat word om in 2017 vir nog ’n termyn van sewe jaar plus twee daaropvolgende termyne van vyf jaar elk, te staan, wat hom moontlik tot 2034 aan bewind kan hou.

Rwanda se klein hoof opposisieparty, het probeer om die wysigings te verhinder om Kagame se termyn te verleng, maar ’n hof het hul besware van die hand gewys.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.